BusinessNews

Jagseisoen is oop en Lim wink

Limpopo is by verre die gewild­ste jagplek in Suid-Afrika en sakelui van die stad is gereed om gesoute jagters en selfs oningewydes wat vir die eerste keer hul vernuf in die jagveld wil beproef, van baie meer as net ‘n geweer en ‘n paar pakke patrone te voorsien.Plaaslike wapenhandelaars maak seker dat hulle op die …

Limpopo is by verre die gewild­ste jagplek in Suid-Afrika en sakelui van die stad is gereed om gesoute jagters en selfs oningewydes wat vir die eerste keer hul vernuf in die jagveld wil beproef, van baie meer as net ‘n geweer en ‘n paar pakke patrone te voorsien.Plaaslike wapenhandelaars maak seker dat hulle op die hoogte bly met die nuutste wapens en toerusting op die mark sodat hul klante ingeligte keuses kan maak om die regte toerusting vir die tipe wild wat gejag gaan word, aan te koop en betyds afgelewer te kry. Die basiese pakket soos ‘n geweer, ammunisie, ‘n teleskoop en waterbottel en natuurlik ‘n goeie mes is deesdae nie meer genoeg om die veld mee aan te durf nie en hedendaagse jagters maak al hoe meer van elektro­niese toerusting gebruik om seker te maak dat daar nie vir misskote betaal word nie.
‘n Plaaslike wildboer wat nie op buitelandse jagters ingestel is nie, sê dat die hoë brandstofpryse beslis daartoe bygedra het dat meer biltongjagters eerder plaaslik jag as om na buurlande soos Botswana en Zimbabwe te ry. “Ons wildpryse is ook mede­dingend en verblyfkoste vir jagters en selfs vir diegene net wat saamgaan vir die ondervinding, is steeds billik terwyl die geriewe oor die algemeen van ‘n hoë standaard is,” meen hy.

Storie: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button