Local NewsNews

Drie-voetige vriend, kan al die liefde verskaf

Hy is amper ses maande oud en deur sy vorige eienaars oorgegee aan die Polokwane Dierebeskermings Vereniging (DBV).

POLOKWANE – Met sy sagte bruin oë en ‘n stert wat onseker waai, lê en kyk hy na alles wat om hom aangaan. Hy is amper ses maande oud en deur sy vorige eienaars oorgegee aan die Polokwane Dierebeskermings Vereniging (DBV).

Lees meer: Percy Fyfe DBV smeek vir hulp

Op hulle Facebook blad skryf Chantelle Watson die woord ‘imperfect’ eintlik; ‘I’m perfect’ spel, en dat elkeen op hul eie manier perfek is. Die hondjie is gebore met ‘n gebreklike been, wat hulle moes afsit om hom ‘n beter kans op die lewe te gee. Met slegs drie bene, het hy baie liefde om te gee en hou dié gebrek hom nie terug nie.

“Hy is spelerig, met ‘n liefdevolle en sagte persoonlikheid.”

Die DBV het nog nie ‘n naam vir hom nie, en vra lesers om hulle te help dink aan een. Een leser, Liz de Cap het voorgestel hulle noem hom Obi Ogbo; wat hartsvriend beteken. Die hondekind is ‘n Africanis. Hy is beskikbaar vir aanneming, maar streng aannemings reëls geld.

“Hy het ‘n familie nodig wat vir hom baie aandag kan gee. Sy gewig moet dopgehou word en sy mense moet seker maak hy kry al die behandeling, wat hy in die toekoms nodig sal hê.”

Aannemingskoste is slegs R950 en sluit in sterilisasie, ontwurming, ‘n mikroskyfie en ‘n Limpopo K9 Academy geskenkbewys vir basiese gedragsoefening.

Vir meer inligting, kontak die DBV by (015) 291 1088.

maretha@nmgroup.co.za 

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Raeesa Sempe

Raeesa Sempe is a Caxton Award-winning Digital Editor with nine years’ experience in the industry. She holds a Bachelor’s Degree in Media Studies from the University of the Witwatersrand and started her journey as a community journalist for the Polokwane Review in 2015. She then became the online journalist for the Review in 2016 where she excelled in solidifying the Review’s digital footprint through Facebook lives, content creation and marketing campaigns. Raeesa then moved on to become the News Editor of the Bonus Review in 2019 and scooped up the Editorial Employee of the Year award in the same year. She is the current Digital Editor of the Polokwane Review-Observer, a position she takes pride in. Raeesa is married with one child and enjoys spending time with friends, listening to music and baking – when she has the time. “I still believe that if your aim is to change the world, journalism is a more immediate short-term weapon." – Tom Stoppard

Related Articles

Back to top button