NewsSchools

Oosskool oorrompel Suidskool tydens kragmeting

Die jaarlikse kragmeting tussen Laerskool Pietersburg-Oos en Pietersburg Laerskool is verlede Dinsdag by Oosskool aangebied. Die twee skole se rugby- en netbalspanne durf mekaar jaarliks aan en vanjaar het Oosskool die voordeel van hul tuisveld gebruik om die oorhand teen Suidskool te kry. Op die netbalbaan het Osies al die wedstryde gewen behalwe vir die …

Die jaarlikse kragmeting tussen Laerskool Pietersburg-Oos en Pietersburg Laerskool is verlede Dinsdag by Oosskool aangebied.
Die twee skole se rugby- en netbalspanne durf mekaar jaarliks aan en vanjaar het Oosskool die voordeel van hul tuisveld gebruik om die oorhand teen Suidskool te kry.
Op die netbalbaan het Osies al die wedstryde gewen behalwe vir die o.12A-span waar Suidskool met die louere weggestap het.
Al Osies se rugbyspanne was onoorwonne in hul stryd teen Suidskool met die eerstespan wat met ‘n oorweldigende telling van 86-0 geseëvier het.

Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Eerste­spanspelers, Anke Schulenburg van Oosskool en Kiandra Smit van Suidskool meet kragte op die netbalbaan.
Meri Swanepoel van Oosskool se eerstespan in aksie.
Oosskool se o.11-speler, Armand Venter, beur doellyn toe.
Dustin Tereblanche, Suidskool se eerstespanskrumskakel, gee die bal vinnig vir die agterlyn.
Suidskool se hulpdoel van die eerstespan, Cecille Venter ontvang die bal.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button