Gemengde welslae toe Tommies, Nylstroom kragte meet
Die skole wintersportseisoen is goed op dreef en die naweek se kragmeting tussen Hoër Tegniese Skool Tom Naudé en Hoërskool Nylstroom se rugby- en netbalspanne was ‘n goeie voorsmakie van wat vanjaar verwag kan word. Op die netbalbaan het Tommies swaar onder Nylstroom se aanval in die vriendskaplike wedstryde gebuk gegaan. Nie een van Tommies …

Die skole wintersportseisoen is goed op dreef en die naweek se kragmeting tussen Hoër Tegniese Skool Tom Naudé en Hoërskool Nylstroom se rugby- en netbalspanne was ‘n goeie voorsmakie van wat vanjaar verwag kan word. Op die netbalbaan het Tommies swaar onder Nylstroom se aanval in die vriendskaplike wedstryde gebuk gegaan. Nie een van Tommies se spanne kon hul opponente ore aansit nie en selfs die eerste span moes met ‘n 20-35 nederlaag tevrede wees.
Op die rugbyveld het die junior spanne gewys waartoe hulle reeds vroeg in die seisoen in staat is. Die o.14A- en 15A-span klop Nyllies 56-3 en 52-0 onderskeidelik terwyl die o.16A-span ook met ‘n telling van 57-0 seëvier. Die tweedespan moes ongelukkig met ‘n nederlaag van 10-52 die veld verlaat terwyl die eerstespan met ‘n telling van 15-24 ook nie die mas kon opkom nie.
Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

gooi vinnig die bal uit.





