NewsSchools

Kleuters leer hoe stemdag werk

By Werk en Wen Pre-primêre Skool het kleuters Dinsdagoggend reeds hul spesiale stemme uitgebring in ‘n poging om die nodigheid daarvoor om te stem, te beklemtoon. Die kleuters het elkeen ‘n stembrief ontvang en moes stem of hulle ‘n oranje of blou ysstokkie verkies. Hulle is vooraf deur skoolhoof Monica Strauss ingelig waaroor die verkiesing …

By Werk en Wen Pre-primêre Skool het kleuters Dinsdagoggend reeds hul spesiale stemme uitgebring in ‘n poging om die nodigheid daarvoor om te stem, te beklemtoon.
Die kleuters het elkeen ‘n stembrief ontvang en moes stem of hulle ‘n oranje of blou ysstokkie verkies. Hulle is vooraf deur skoolhoof Monica Strauss ingelig waaroor die verkiesing gaan en daarop gewys dat elke persoon die reg het om keuses te maak. Hulle is ook gevra om seker te maak dat hul ouers op verkiesingsdag ‘n draai by die stembus maak.
Die verkiesing het sonder ongeval verloop behalwe vir ‘n paar kleuters wat plakkate rond­geswaai het en die verkiesingsbeamptes wat van Pietersburg Laerskool gesekondeer is, Jacques Bartlett en Thinus du Toit se taak was maklik.
Die uitslag van die verkiesing het daarop ge­dui dat daar ‘n oorweldigende steun vir blou ysstokkies is. Strauss het gesê die skool het in 1994 ook ‘n soortgelyke geleentheid aangebied.

Storie en fotos: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

Mia Neethling laat haar voorkeure vir die verkiesing duidelik blyk.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button