NewsSchools

Suidskoolleerkragte ontvang SA-kleure vir jukskei, krieket

Dit is nie net leerders wat goed presteer op sportgebied nie, maar ook hul onderwysers wat ‘n goeie voorbeeld vir hulle stel. Leerkragte van Pietersburg Laerskool, Andri Marais en Armand Pansegrouw het onlangs in jukskei en krieket onderskeidelik nasionale kleure verwerf. Marais is vir die Suid-Afrikaanse o.30-junior vrouespan gekies en het vanaf 26 April tot …

Dit is nie net leerders wat goed presteer op sportgebied nie, maar ook hul onderwysers wat ‘n goeie voorbeeld vir hulle stel.
Leerkragte van Pietersburg Laerskool, Andri Marais en Armand Pansegrouw het onlangs in jukskei en krieket onderskeidelik nasionale kleure verwerf.
Marais is vir die Suid-Afrikaanse o.30-junior vrouespan gekies en het vanaf 26 April tot 4 Mei in Namibië getoer. Dit is haar eerste Protea-toekenning en sy meen die toer na die buurland was onvergeetlik.
Pansegrouw is tydens ‘n kriekettoernooi in Grahamstad vir die Suid-Afrikaanse Ruralspan gekies en het vroeg in April na Kimberley getoer. Hy sê hy het dit baie geniet en verskeie tegnieke van spanlede en afrigters baasgeraak wat hy beslis op die skool se span sal toepas. Die ervaring sal hom ook in sy eie krieketloopbaan help om ‘n verskil te maak.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Armand Pansegrouw presteer op nasionale vlak in krieket.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button