NewsSchools

Herfsdag met mooi kostuums, eetgoed gevier

Kleuters van Werk en Wen Pre-primêre skool het Vrydag meer geleer van die seisoene tydens ‘n herfsdagviering wat by die skool gehou is. Interessante kostuums wat die herfstema uitgebeeld het, het kleur aan die geleentheid verleen terwyl die kleuters elkeen nadergestaan het om ‘n stukkie van ‘n spesiale herfskoek wat deur die personeel versier is, …

Kleuters van Werk en Wen Pre-primêre skool het Vrydag meer geleer van die seisoene tydens ‘n herfsdagviering wat by die skool gehou is.
Interessante kostuums wat die herfstema uitgebeeld het, het kleur aan die geleentheid verleen terwyl die kleuters elkeen nadergestaan het om ‘n stukkie van ‘n spesiale herfskoek wat deur die personeel versier is, te kry. Koffie, ‘n sjokolademoutdrankie en warm sjokolade met malvalekkers het die fees afgerond.
Skoolhoof Monica Strauss het gesê dat die herfsfees vanjaar vir die 20ste keer aangebied is en dat ‘n hele week elke jaar afgestaan word om die kleuters oor seisoene in te lig.

Storie en foto’s: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

Kleuters Mia Neethling, Dawid Crous en Lischa Schromeck voor, met leerkragte Susan van Aswegen en Monica Strauss, agter, wys hul interessante kostuums by die herfsdagviering.
Karlien Coetzee se herfsdag­kostuum trek aandag.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button