VKB vier opgradering van perseel
Klante en uitstallers het Saterdag saam met die personeel van vkb die opgradering van hul perseel, wat voorheen die NTK Handelstak in Industria was, gevier. Uitstallers het reeds vroegoggend hul stalletjies opgeslaan en die geleentheid gebruik om besoekers in te lig oor hul produkte en dienste en het van hul komplimentêre toetsgrootte geskenke uitgedeel. ‘n …

Klante en uitstallers het Saterdag saam met die personeel van vkb die opgradering van hul perseel, wat voorheen die NTK Handelstak in Industria was, gevier.
Uitstallers het reeds vroegoggend hul stalletjies opgeslaan en die geleentheid gebruik om besoekers in te lig oor hul produkte en dienste en het van hul komplimentêre toetsgrootte geskenke uitgedeel. ‘n Damestee is ook op die perseel aangebied.
Takbestuurder, Christoff Smit was baie ingenome met die groot belangstelling wat die geleentheid geniet het en het klante bedank vir hul geduld met die opgraderingsproses wat 17 maande geneem het. “Die uitbreiding van die tak sou nie moontlik gewees het sonder die ondersteuning van ons klante en verskaffers nie en ons is in besonder dankbaar teenoor die 22 verskaffers wat deel was van die uitstalling,” sê Smit.
Volgens Smit is die winkel met 1 000 m² vergroot tot 2 400 m² en die betaalpunte is van vyf tot tien vermeerder. Sekuriteit is ook opgegradeer met kameras en beter toegangsbeheer. “Parkering binne en voor die perseel is nou baie veiliger,” sê Smit.
Finansieringspersoneel en vkb se landbou-ontwikkelingspan is nou ook by die tak gevestig om klante te ondersteun en die organisasie se kort- en langtermynversekeringspan gaan ook binnekort by die tak ontplooi word.
Storie en foto’s: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com














