NewsSchools

Kruinies Rugbyklub klop Letaba in Boet Fickliga

Terwyl die winterson reeds vroegmiddag laag oor Curro Heuwelkruin se rugbyveld gehang het, was daar geen tekort aan warm aksie toe Kruinies Rugbyklub en Letaba Rugbyklub se spanne mekaar die stryd in die jaarlikse Boet Fickliga aangesê het nie. Kruinies het van meet af dit duidelik gemaak dat daar vanjaar rekenskap met hulle gehou moet …

Terwyl die winterson reeds vroegmiddag laag oor Curro Heuwelkruin se rugbyveld gehang het, was daar geen tekort aan warm aksie toe Kruinies Rugbyklub en Letaba Rugbyklub se spanne mekaar die stryd in die jaarlikse Boet Fickliga aangesê het nie.
Kruinies het van meet af dit duidelik gemaak dat daar vanjaar rekenskap met hulle gehou moet word nadat hulle binne minute die eerste punte aangeteken het. Die span se verdediging was uitstekend en Letaba kon slegs twee keer daarin slaag om agter die doellyn te gaan kuier wat die finale telling op 29-10 in Kruinies se guns beslis het.
Intussen het PanSolutions Noordelikes se eerste span Louis Trichardt Rugbyklub in ‘n wegwedstryd aangedurf, maar kon nie die mas opkom nie en moes met ‘n 21-37 loesing tevrede wees. Die tweede span verloor ook 12-54 terwyl die derde span 12 elk gelykop speel.

Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Tyrone Thomson van Kruinies Rugbyklub wen die bal in die lynstaan.
Tyson Monti van Kruinies kies koers langs die kantlyn af.
Flekkie Leoni van Kruinies op pad doellyn toe.
Kruinies se Johan Engelbrecht gebruik ‘n gaping in Letaba se verdediging.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button