Osies vier kultuurdiversiteit
Graad R-leerders van Laerskool Pietersburg-Oos het die diversiteit van kulture in Suid-Afrika op Afrikadag gevier. Geklee in kleurvolle tradisionele uitrustings het die leerders Vrydag by die skool opgedaag met die doel om meer te leer oor die verskillende kultuurgroepe. Buiten die geleentheid om tradisionele geregte soos tuisgemaakte gemmerbier te proe het hulle ook geleer hoe …

Graad R-leerders van Laerskool Pietersburg-Oos het die diversiteit van kulture in Suid-Afrika op Afrikadag gevier.
Geklee in kleurvolle tradisionele uitrustings het die leerders Vrydag by die skool opgedaag met die doel om meer te leer oor die verskillende kultuurgroepe.
Buiten die geleentheid om tradisionele geregte soos tuisgemaakte gemmerbier te proe het hulle ook geleer hoe biltong, melktert, pannekoek en boereworsrolle gemaak word. Gerda-Mari Jooné, Graad R-hoof van die skool het gesê die leerders het dit ook geniet om op maat van tradisionele musiek uit verskillende kulture te dans.
“Hulle het die kos, pret en opwinding geniet,” het sy na afloop van die dag gesê.
Foto’s: Herbert Rachuene
>>herbert.observer@gmail.com






