POLOKWANE – Vir dae aaneen sien hulle al uit na die bergfiets pretdag wat deur die skool gehou is. Uiteindelik lui die klok en kan hulle na die sportvelde beweeg, waar daar ‘n renbaan uiteengesit is, asook ‘n hindernisbaan.
Elke fietsryer moes eers ‘n ronde of twee met hul fietse om die renbaan ry, voordat hulle die hindernisbaan kon aandurf. Hier en daar was ‘n Osie onseker oor die hindernis wat hom in die gesig staar, maar met die hulp van die vriendelike ooms en tannie van Bicycle Company, het hulle almal gemaklik oor die hindernisse gery.
Anja de Nysschen, organiseerder van die bergfiets pretdag by Oosskool, vertel dié aktiwiteite is spesiaal gereël om blootstelling aan dié sport te bied.
“Dit is nog ‘n redelike jong sport by Oosskool en ons plan was om bietjie bewusmaking, nie net van die sport nie, maar ook van die skool te bied. Ons het ook on ligaspan bekend gestel. Kinders het nie meer die geleentheid om vrylik fiets te ry nie en dus wou ons aan hulle hierdie ervaring gee. Die sport gaan nie oor wen of verloor nie, maar oor deelname. Elke fietsryer bring punte in vir die skool.”
Raeesa Sempe is a Caxton Award-winning Digital Editor with nine years’ experience in the industry. She holds a Bachelor’s Degree in Media Studies from the University of the Witwatersrand and started her journey as a community journalist for the Polokwane Review in 2015. She then became the online journalist for the Review in 2016 where she excelled in solidifying the Review’s digital footprint through Facebook lives, content creation and marketing campaigns. Raeesa then moved on to become the News Editor of the Bonus Review in 2019 and scooped up the Editorial Employee of the Year award in the same year. She is the current Digital Editor of the Polokwane Review-Observer, a position she takes pride in. Raeesa is married with one child and enjoys spending time with friends, listening to music and baking – when she has the time. “I still believe that if your aim is to change the world, journalism is a more immediate short-term weapon." – Tom Stoppard