Local NewsNews

Lanica is Pawsome en skenk aan die DBV

'n Honderd items vir honde en katte kan na baie klink, veral as jy as sesjarige dit moet insamel. Maar hierdie mikpunt het nie vir Lanica Brand afgeskrik nie.

POLOKWANE – Sy is deel van die Heart Drive Juniors, ‘n groep kinders wat gemeenskapswerk doen.

Nianri en Lanica Burger by die DBV.

Lanica wat ‘n groot liefde vir diere het, het besluit om die Pawsome Blessings-projek te behartig waar sy kos en komberse vir die diere by die Dierbeskermingsvereniging (DBV) wou insamel. Haar mikpunt was om ten minste 100 verskillende items vir hulle in te samel.

Met harde werk het sy haar mikpunt oorskry en sy en haar ma het die items toe by die DBV gaan aflaai.

“Ons het ‘n hele paar goed afgelaai vandag. Die hoop het bestaan uit hondekos, katkos, blikkies en sagte kos, bederfhappies vir die katte en honde, katsand, lusernbale vir die donkies, hooibale, komberse, loopbande, jassies, skoonmaakmiddels, sjampoos en vlooi poeiers, kos- en water bakkies, en sommer ‘n klomp speelgoed. Daar was omtrent 192 items. Lanica is baie bly dat sy oor die 100 items merk gekom het,” vertel Liandi, Lanica se ma.

Die skenking wat deur Lanica Burger aan die DBV gemaak is.

DBV bestuurder, Selma Landman, vertel dat hulle baie dankbaar is vir die skenking.

“Ons waardeer die bydrae en is dankbaar vir alles. Hier is items by wat nie gereeld aan ons geskenk word nie.”

Lucky, die DBV-gelukbringer saam met Moloko Moloto, Nianri en Lanica Burger.

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button