Local NewsNews

Kierieklapper beloof vermaak vir oud en jonk

Die feeshekke op die rugbyveld van Hoërskool Piet Potgieter maak Donderdag om 09:00 oop en tot Saterdag toe kry feesgangers kans om van die land se bekendste Afrikaanse kunstenaars op die verhoog te sien saam met al die ander jolyt.

MOKOPANE – Na verlede week se protes en chaos in die dorp, is dit nou tyd om die goeie en positiewe gees aan te wakker met die afskop van die jaarlikse Kierieklapper Kunstefees.

Die feeshekke op die rugbyveld van Hoërskool Piet Potgieter maak Donderdag om 09:00 oop  en tot Saterdag toe kry feesgangers kans om van die land se bekendste Afrikaanse kunstenaars op die verhoog te sien saam met al die ander jolyt. Die fees is die Potgietersrus Dienssentrum vir Bejaardes se grootste fondsinsameling.

Lees ook: [FOTO’S] Kierieklapper Kunstefees – ‘n Jolige fees met ‘n goeie gees

Wimpie Engelbrecht, Bestuurder van die Dienssentrum, vra dat feesgangers ou bruikbare truie en baadjies saambring fees toe as ‘n skenking aan die bejaardes. ‘n Houer sal by die ingang wees, waarin dit geplaas kan word.

Die fees het weer talle stalletjies met allerlei ware wat te koop sal wees. Kom smul aan die lekkernye of geniet die ritte in die pretpark. Die gewilde biertent is reeds staangemaak en gereed vir lang kuiers saam met vriende. Voorskoolse kinders kan die fees gratis bywoon.

Die program:

Donderdag, 8 Augustus:

Die toegangsfooi is R70 per persoon.

09:00 Oggend oordenking.

14:30 Dance Mouse.

15:00 Mokopane Primary se trompoppies.

18:00 Gasvroufunksie in die skoolsaal saam met Marion Holm.

18:45 Dillon Lerm.

19:30 Joe Foster.

20:45 Liezel Pieters.

21:45 Appel.

Vrydag, 9 Augustus:

Die toegangsfooi is R90 per persoon.

09:00 Oggend oordenking

09:10 Krugerpark Trompoppies.

10:00 Lollos.

12:15 Lyndanse.

14:00 Buster en Bella.

15:0 Francois Bouwer.

17:15 Dag 3 Gospel Band.

18:30 Dillon Lerm.

19:30 Dirk van der Westhuizen.

20:30 Andriëtte.

21:15 Die Heuwels Fantasties.

Saterdag, 10 Augustus:

Die toegangsfooi is R100 per persoon.

07:00 Pretdraf.

09:00 Oggend oordenking.

10:00 Mej Kierieklapper (Pierneefsaal).

10:00 Dienkie en Doodels.

15:00 Francois Bouwer.

18:00 Elandré.

19:00 Dillon Lerm.

20:00 Monique Steyn.

21:15 Bok van Blerk.

Sondag, 11 Augustus:

18:30 Kevin Leo in die NG Hulp en Hoop Gemeenskapskerk.

bosveld@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Raeesa Sempe

Raeesa Sempe is a Caxton Award-winning Digital Editor with nine years’ experience in the industry. She holds a Bachelor’s Degree in Media Studies from the University of the Witwatersrand and started her journey as a community journalist for the Polokwane Review in 2015. She then became the online journalist for the Review in 2016 where she excelled in solidifying the Review’s digital footprint through Facebook lives, content creation and marketing campaigns. Raeesa then moved on to become the News Editor of the Bonus Review in 2019 and scooped up the Editorial Employee of the Year award in the same year. She is the current Digital Editor of the Polokwane Review-Observer, a position she takes pride in. Raeesa is married with one child and enjoys spending time with friends, listening to music and baking – when she has the time. “I still believe that if your aim is to change the world, journalism is a more immediate short-term weapon." – Tom Stoppard

Related Articles

Back to top button