Local NewsNews

(KYK) Osies raak vernuftig om hoof se ‘grendeltydverjaardag’ te vier

Die huidige grendelstaat het leerders van Oosskool beslis nie gekeer om die skoolhoof, Gideon Pelzer, se verjaardag gister te vier nie.

POLOKWANE – Om ‘n pa te wees beteken jy moet soms groot skoene volstaan, en soveel te meer as jy die skoolhoof is van ‘n skool van sowat ‘n duisend leerders.

Oosskoolhoof Gideon Pelzer, wat gister verjaar het, se verjaardag is vanjaar beslis nie afgeskeep bloot omdat die land tans in ‘n grendeltyd is nie.

“Ek is vreeslik bederf deur die leerders en die personeel,” vertel hy. “Die personeel het vir my ‘n skattejag gereël waar ek raaisels moes oplos totdat ek by die geskenke uitgekom het.”

Oosskoolleerders het ook ‘n video gemaak waarin hulle hom gelukwens met sy verjaardag, asook die talle verjaarsdagwensbriewe vir hom gestuur het.

“Ek voel vreeslik bevoorreg om deel van hierdie skoolfamilie te wees,” het hy aan Review gesê.

Ook sy eie gesin het die grendeltydperk ingespan om hom behoorlik te bederf, wat sommer reeds met ontbyt in die bed begin het.

“Die hele dag was baie spesiaal vir my,” het Pelzer afgesluit.

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 066 326 2011

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button