Local NewsNews

[LUISTER] Agt-jarige Anne-Lize bekoor met haar stem

Anne-Lize van Dyk is 'n jong meisie met groot drome.

POLOKWANE – Anne-Lize is ‘n klein dogtertjie wat die Rock Hard Music Productions se ateljee vul met haar stem.

Sy is slegs agt-jaar-oud maar het reeds haar stempel afgedruk op die plaaslike musiekindustrie. Anne-Lize het verlede jaar die liedjie, Jingle Bells, op Rock Hard se gesamentlike CD gesing, en spog ook met ‘n liedjie op die musiekstroomplatform, Soundcloud.

Wanneer sy nie saam met haar gr. 3-maaitjies by Oosskool speel nie, werk sy aan nog musiek.

Anne-Lize se gunstelinge:

Kos: Pasta.
Sanger: Tegan Marie.
Blom: Lelie.
Kleur: Pers.

Lees meer oor Anne-Lize in vandeesweek se Polokwane Review en luister gerus na haar weergawe van Auli’i Cravalho se How Far I’ll Go:

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group or Telegram channel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button