Local NewsNews

Nelis Brits se dood laat groot leemte

Bekende regsman Nelis Brits (61) is verlede Dinsdag oorlede nadat hy vroeër positief getoets het vir Covid-19.

POLOKWANE – Familie, vriende en kollegas van Nelis Britz (61), die bekende regsman wat die stad vir langer as drie dekades gedien het, is steeds besig om die nuus van sy afsterwe verlede Dinsdag te verwerk.

Britz is in Limpopo Mediclinic oorlede nadat hy vroeër positief getoets het vir Covid-19.

Sy seun, Ruan, wat ook ‘n vennoot in die regsfirma is saam met sy vrou, Nadia, sê sy pa het die lewe in sy eenvoud geniet.

“Geen wêreldse prestasie was vir hom ooit meer aantreklik nie as om tyd deur te bring saam met sy vrou, drie seuns, uitgebreide familie en naaste vriende.”

Kort nadat Britz sy klerkskap in Pretoria voltooi het, het hy en sy vrou, Lynn teruggekeer na hul bosveldwortels waar hy sy eie regspraktyk kom vestig het.

Ruan en Nadia sal dié saak voortaan bestuur, en onthou hom as ‘n regsman wat met integriteit, nederigheid en toewyding gedien het.

“In sy jonger jare het my pa gedien as voorsitter van die Pietersburg Advokaatvereniging en op verskeie rade gedien. Hy was ‘n mentor en vaderfiguur vir talle, en het altyd geluister, empatie getoon en getroos wanneer dit nodig was.”

Sy seun beskryf hom ook as ‘n man wat naby aan God geleef het.

As ‘n geesdriftige gholfspeler het hy en sy seuns dikwels ‘n ronde geniet, en hy het ook ‘n diep liefde vir die natuur, roomys en sport gehad.

“My pa sal onthou word as ‘n plat op die aarde karakter wie se liefde duidelik sigbaar was vir almal. Hy was ‘n lojale vriend en ‘n liefdevolle pa,” het Ruan opgemerk.

Een van sy langsdienende werknemers, Alida Mahne het die volgende te sê gehad: “Die afgelope 31 jaar was Nelis nie net my baas nie maar ook my beste vriend. Hy was altyd bereid om te help en het ons nooit verwyt as ons foute maak nie. Ons gaan sy grappies baie mis. Hy sou, as hy voor ons huistoe gaan, skelm die alarm stel sodat ons verskrik rondhardloop en nie weet wat aangaan nie. Hy was ‘n wonderlike en nederige mens en ons harte is stukkend.”

Britz word oorleef deur sy vrou van 35 jaar, Lynn, drie seuns, Ruan, Wesley en Shaun, twee dogters, Nadia en Anchen en twee kleinkinders.

Nelis was op Woensdag ter ruste gelê.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group or Telegram channel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button