Local NewsNews

Só werk die intentingsertifikate

Tydens die toetsfase was die departement oorweldig deur die publiek en media se navrae, wat 'n goeie aanduiding is van hoeveel mense gretig is om hulle sertifikate te kry.

POLOKWANE – Inentingsertifikate is nou beskikbaar vir alle Suid-Afrikaners wat ingeënt is – en om toegang tot dié sertifikaat te kry is eenvoudig!

Alhoewel die Suid-Afrikaanse Covid-19 Inentingsertifikaat-sisteem eers amptelik op 8 Oktober geloods was, is daar reeds ‘n paar gelukkige burgers wie hulle sertifikate kon aflaai of uitdruk gedurende die Nasionale Departement van Gesondheid se probleemoplossingsfase.

Die digitale sertifikaat was bekendgestel enkele dae nadat President Cyril Ramaphosa aangekondig het dat dit binnekort beskikbaar sou wees. As u ten volle ingeënt is, is u in aanmerking om die digitale inentingsertifikaat met ‘n QR-kode te ontvang.

Die kode, wat óf afgelaai óf uitgedruk kan word, is nie vir openbare gebruik bedoel nie, en sal slegs deur spesifieke entiteite met ‘n gespesialiseerde QR-skandeerder gebruik word.

Tydens die toetsfase was die departement oorweldig deur die publiek en media se navrae, wat ‘n goeie aanduiding is van hoeveel mense gretig is om hulle sertifikate te kry. Die sertifikate se vrystelling was kort na die hoogsverwagte aankondiging dat Suid-Afrika van die Vereenigde State se rooilys verwyder is, wat reisigers vol blydskap gelaat het.

Hoekom is ‘n inentingsertifikaat nodig?

In Semptember het Ramaphosa oorgedra dat Suid-Afrika se benadering tot die sertifikate ‘gelei word deur die Wêreld Gesondheidsorganisasie en in ooreensteming is met die beste internasionale praktyke’.

Ramaphosa het bygevoeg dat die intentingsertifikaat of -paspoort die standaarde bewys van inenting sal vergemaklik en die getal internasionale reisinperkings sal verlig. Gesondheid Minister Dr Joe Phaahla het voorheen genoem dat die staat verpligte Covid-19 inentings tussen volwassenes bespreek, maar dat dit nie ‘n staatsprioriteit is nie. Inentingspaspoorte was alreeds in ander dele van die lande geïmplimenteer, en die Europeuse Unie (EU) Digitale Covid-19 Sertifikaat is beskikbaar vir al die 27 lede van die EU.

Die Verenigde State gebruik tans digitale mediese rekords op slimfone, terwyl China ‘n internationale reis gesondheid sertifikaat geïmplimeneer het, en die Verenigde Koninkryk gebruik hulle eie NHS Covid Pas.
Vir verdere navrae: https://sacoronavirus.co.za/

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group or Telegram channel.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Ruan de Ridder

A digital support specialist at Caxton Local Media, known for his contributions to the digital landscape. He has covered major stories, including the Moti kidnappings, and edits and curates news of national importance from over 50 Caxton Local News sites.

Related Articles

Back to top button