Local NewsNews

Rustenburg vrou verdwyn spoorloos in Lephalale

Marie Catherine Elisabeth Stapelberg (69) is sedert 9 Oktober vermis.

LIMPOPO – Die polisie in Lephalale het ‘n saak van ‘n vermiste persoon geopen nadat 69-jarige Marie Catherine Elisabeth Stapelberg spoorloos verdwyn het.

Volgens ‘n verklaring van AO Marobo Seabela het Stapelberg en ‘n vriend op 9 Oktober ‘n winkelsentrum in Lephalale besoek.

“Volgens haar vriend het hulle inkopies gedoen en Stapelberg is toe alleen na ‘n ander winkel toe. Sy het nooit teruggekeer na waar hulle hul motor geparkeer het nie,” verduidelik Seabela.

Daar was toe vir Stapelberg by die winkelsentrum gesoek, maar sonder enige sukses.

“Sy het rooi hare en ‘n swart damesbroek, langmouhemp met ‘n bruin patroon op en swart sandale aangehad,” voeg hy by.

Stapelberg en haar vriend is woonagtig in Rustenburg.

“Die voorval is toe by die polisie aangemeld. Soektogte om haar in omliggende gebiede op te spoor was sonder sukses. Enigiemand met inligting kan vir AO Nkoati by 068 569 4074 skakel. Alternatiewelik kan die Stop Misdaad nommer by 08600 10111 of die naaste polisiekantoor gekontak word,” sluit Seabela af.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group or Telegram channel.
 
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Ruan de Ridder

A digital support specialist at Caxton Local Media, known for his contributions to the digital landscape. He has covered major stories, including the Moti kidnappings, and edits and curates news of national importance from over 50 Caxton Local News sites.

Related Articles

Back to top button