Local NewsNews

Wen vir ANC in Limpopo…maar kiesergetalle daal

Ten spyte van laer stemgetalle by die stempunte, het die ANC maklik gewen in die 2021 Plaaslike Regeringsverkiesing.

POLOKWANE – Die ANC het weereens bewys dat hulle stemkrag in Limpopo lê, met nog ‘n oortuigende wen.

Met 68.27% van die stemme, het die ANC 787 setels behaal terwyl die EFF, 14.27% van die stemme en 168 setels beklink het.

Die amptelike oposisieparty in die land, die DA, het verder steun verloor in die provinsie en slegs 5.45% van die stemme behaal. Hulle het 65 setels, maar het met 2.61% in steun gedaal in vergelyking met die 2016 Plaaslike Regeringsverkiesing se provinsiale uitslae.

Die grootste kommer is wel die lae getalle van geregistreerde kiesers wat hulle kruisies gaan trek het. Volgens die Onafhanklike Verkiesingskommissie se provinsiale verkiesingsbeampte, Nkaro Mateta, het minder as die helfte geregistreerde kiesers in Limpopo, Maandag gaan stem.

Sy het tydens ‘n media-inligtingsessie Dinsdag by die uitslae-operasiesentrum by die Peter Mokaba Sportkompleks aangekondig dat die stempersentasie in die provinsie op 46,3% staan.
“Die kommissie het reeds in Julie die vooruitsig van ‘n laer stempersentasie verwag en die Konstitusionelehof genader. Nietemin het die kommissie ‘n opvoedkundige en kommunikasieveldtog geïmplementeer om te verseker dat kiesers opdaag om te stem. Dit is egter belangrik om te verstaan dat kieseropkoms ‘n veelsydige verskynsel is wat deur verskeie faktore beïnvloed word.”

Dit sluit onder meer faktore soos die ontwrigting van dienste, die vlakke van vertroue in politieke instellings, asook ‘ongeregverdigde aanvalle’ op die kommissie in.

Mateta sê die kommissie glo dat kieserbestuurstoestelle die steunpilaartoerusting vir hierdie verkiesing was aangesien dit kiesers toegelaat het om net te stem in die wyk waarin hulle geregistreer is en dat elke kieser ‘n adres op die kieserslys moes hê.

“Indien kiesers by ‘n stemlokaal opgedaag het, waar hulle nie op die kieserslys was nie, maar kon bewys dat hulle voor die datum van registrasie by dié stemlokaal aansoek gedoen het, was sodanige kiesers geregtig om te stem deur gebruik te maak van die prosedure voorgeskryf in Artikel 7(2) van die Munisipale Verkiesingswet. Daar was net meer as 18 403 kiesers wat uiteindelik op die lys geplaas is wat sentraal verbind was met al 4 468 kieserbestuurstoestelle in Limpopo,” het sy gesê.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group or Telegram channel.
 
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Ruan de Ridder

A digital support specialist at Caxton Local Media, known for his contributions to the digital landscape. He has covered major stories, including the Moti kidnappings, and edits and curates news of national importance from over 50 Caxton Local News sites.

Related Articles

Back to top button