Local NewsNews

Polisiebrutaliteit in kollig na voorvalle in Westenburg, Muldersdrift

Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) se provinsiale bestuurder, Victor Mavhidula, verduidelik in hierdie berig die rol en mandaat van polisielede wanneer dit kom by arrestasies.

POLOKWANE – ‘n Voorval in Westenburg verlede week, asook ‘n onlangse skietvoorval in Muldersdrift het die rol en mandaat van polisielede weer vierkantig in die kollig geplaas.

Inwoners van Westenburg het onlangs beweer dat ‘n hooggeplaasde polisielid verbonde aan die Westenburg Polisiestasie hulle geviktimiseer en mishandel het tydens ‘n klopjag verlede week. Dit het gelei tot verskeie klagte wat by dié stasie gelê is en intussen aan die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) aangestuur is vir verdere ondersoek.

Oor die skietvoorval waarin Len Cloete Saterdag glo deur ‘n polisielid in Mulderdrift geskiet was, het Victor Mavhidula gesê polisielede is slegs gemagtig om “minimale of redelik” fors te gebruik om te verseker dat die wet nagekom word.

“Die aantal druk wat ‘n polisielid mag gebruik hang van die konteks van elke voorval af. As die polisie ‘n individu wat nie gewapen is nie probeer arresteer, mag hulle nie ‘n wapen gebruik om dit te doen nie. As die verdagte wel ‘n wapen het en op die polisie vuur, mag hulle uit selfverdediging terugskiet. Selfs al probeer die verdagte om weg te hardloop, mag die polisie steeds nie skiet nie en moet hulle steeds agter hom aanhardloop. Die polisie moet hulle oordeel gebruik om die situasie op te som, want ons kan nie toelaat dat hulle dieselfde hoeveelheid krag in alle situasies toepas nie.”

Hy noem dat indien iemand voel hulle was benadeel deur die aksie van ‘n polisielid, hulle vir Opod moet nader om ‘n ondersoek te loods. Gebaseer op die ondersoek, sal die direktoraat dan die verdagte aankla en die saak sal aan die vervolgingsgesag gegee word wat sal besluit of hulle sal voortgaan of nie.

Mavhidula sê die kommissie ondersoek nie self klagte van polisiewreedheid nie, maarn voeg by dat hulle slegs genader moet word wanneer landsburgers voel dat hulle reg op geregtigheid geweier is.

“Ons ondersoek slegs die weiering van toegang tot die regstelsel. Gedurende my tyd met Opod was daar verskeie gevalle van polisiewreedheid en dit hoef nie eise te wees waar vuurwapens betrokke was nie. Selfs ‘n blote aanranding word as polisiewreedheid beskou.

“Die polisie mag niemand, hetsy aangehoudene of verdagte, aanrand nie. Hulle mandaat is om ‘n moontlike oortreder se beweging te beperk en hulle gevange te hou,” het hy gesê.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group or Telegram channel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button