Help 84 gesinne die feestyd met ‘n kosboks
Leading Miracle Foundation vra die gemeenskap se hulp om bokse met nie-bederfbare kos en ander benodighede te pak en skenk aan behoeftige gesinne.
POLOKWANE – Leading Miracle Foundation is ‘n nie-winsgewende organisasie wat na die welstand van 84 behoeftige gesinne omsien.
Hulle vra dat die gemeenskap hulle sal help om bokse met nie-bederfbare kos en ander benodighede te pak en skenk wat gedurende die feesseisoen aan die gesinne uitgedeel sal word.
Items wat benodig word sluit in blikkies vis of soutvleis, soya maalvleis, koekmeel, kitsgis, soppoeier, 2-Minute Noodles, blikkies groente, rys, pasta, mieliemeel, sout, kookolie en tamatie en uie sous.
Toiletware wat benodig word sluit in tandepasta en -borsels, onderarm aanrolmiddels, weermiddel, waslappe, seep, sjampoe, sanitêre doekies en toiletpapier. Tweedehandse klere, speelgoed, linne, komberse, handdoeke en huisware is ook welkom. Kontant donasies vir elektrisiteit en brandstof word ook benodig.
Alle donasies kan by Zellie Footwear, winkel 12, Platinum Park afgegee word. Vir meer inligting skakel vir Azelle van der Walt by 079 104 5842.




