Local NewsNews

Egskeiding: Kan ‘n kind kies waar hulle wil bly?

Wanneer 'n ouerpaar skei word kinders gedwing om by een ouer te bly en dan by die ander ouer te gaan kuier.

16POLOKWANE – Die wanpersepsie heers dat ‘n kind ‘n sekere ouderdom moet wees voordat hulle self kan besluit waar hulle wil bly. Volgens Magdaleen de Klerk, besturende direkteur van DDKK Attorneys, is daar geen bepaling in enige wet dat ‘n kind slegs op ‘n sekere ouderdom kan kies waar hulle wil bly nie.

“Die Suid-Afrikaanse regstelsel maak wel daarvoor voorsiening dat ‘n kind se insette verkry en wense in aanmerking geneem moet word in aangeleenthede wat die kind beïnvloed.

“Daar word nie na ‘n ouderdomsperk in hierdie verband verwys nie, maar wel na die betrokke kind se individuele volwassenheidsgraad.”

Aangeleenthede waarna verwys word sluit besluite in wat ‘n noemenswaardige effek op die kind se lewensomstandighede het, soos persoonlike verhoudings, woonplek, onderrig en gesondheid.

Die Grondwetlike Hof het Artikel 28(1)(h) van die Grondwet, wat vir ‘n kind se reg op regsverteenwoordiging voorsiening maak, uitgelê as die verlening van ‘n reg aan ‘n kind om gehoor te word.

“Die wense van ‘n kind is dus ‘n faktor wat, tesame met ander relevante faktore, by die bepalings van wat in ‘n kind se beste belang is in aanmerking geneem moet word. ‘n Kind kan dus nie kies waar hy wil woon nie, maar die kind se insette moet in ag geneem word.”

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group or Telegram channel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button