Limpopo watergehalte op standaard
Al die groter dorpe in Limpopo se drinkwater is veilig vir menslike gebruik - AfriForum

LIMPOPO – Só sê die burgerregte-organisasie AfriForum wat vanjaar, soos in die verlede, verskeie dorpe in Limpopo se water getoets het om die gehalte van dié dorpe se drink- (bloudruppelstatus) en rioolwater (groendruppelstatus) te bepaal.
“Ons kon vasstel dat Marble Hall, Mookgophong, Modimolle, Bela-Bela, Lephalale, Thabazimbi, Thabazimbi-Suid, Mokopane, Polokwane, Musina, Tzaneen, Phalaborwa en Groblersdal se drinkwater aan die minimum standaarde voldoen en geen skadelike bakterieë bevat nie.
AfriForum sal die watergehalte deurlopend toets want inwoners het ’n grondwetlike reg tot skoon drinkwater,” sê AfriForum se distrikskoördineerder vir die Limpopostreek, Magdel Jansen van Vuuren.




