Local NewsNews

Hartaanval eis geliefde inwoner

James van den Bergh is Sondagoggend aan 'n hartaanval oorlede.

POLOKWANE – Die welbekende besigheidsman, James van den Bergh, is Sondag oorlede.

Van den Bergh was die eienaar van Furniture Man en bekend op sosiale media, veral met sy Polokwane Geselsblad op Facebook.

Die nuus oor sy dood is deur insleepoperateur en stigter van PTBG Alerts WhatsApp-groep, Khell van der Lith, bekend gemaak.

“Dis met verskriklike groot hartseer dat ek aan julle moet oordra dat oom James van den Bergh vanoggend aan ‘n hartaanval oorlede is. Hy was ‘n groot man in ons gemeenskap en ons gaan hom baie mis hier op die groep en ook met sy bydraes in die dorp.”

Lees meer: Hartaanval laat James se lewenspad draai

Hy laat sy vrou, Vicky en kinders, Karla, Jo-Ann en Eduard agter.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group or Telegram channel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button