Ons eerste Kersfees sonder ons geliefde ouma en oupa
Die Venter-gesin deel hulle planne en gevoelens oor die eerste Kersfees sonder Tella en Roukie Diemont.
POLOKWANE – Marthinus Venter (15) het die gedig, Clueless without you, kort na die afsterwe van sy grootouers geskryf om só afskeid te probeer neem. Marthinus se oupa, Tella Diemont is in Januarie oorlede en hy moes sy ouma, Roukie, slegs ‘n maand later ook aan die dood afstaan. Hierdie Kersfees sal die eerste van vele wees wat hy, sy broer Johan, suster Dederé en ma Drienie sonder dié geliefdes sal vier.
“Kersfees in ons huis was nog nooit aan ‘n spesifieke dag gekoppel nie en ons vier die dag dikwels vroeër in Desember. Ons laaste Kersfees saam was juis vroeër gehou aangesien ons see toe gegaan het,” onthou Drienie.
“Om tyd saam te spandeer is vir ons belangriker. Toe my ma nog geleef het, het sy gesorg dat almal se gunsteling disse op die kerstafel is en oupa het gesorg vir nagereg,” noem Drienie. Vir hierdie Kersfees het die gesin nog nie baie planne nie, behalwe om saam hulle familie te wees. Drienie vertel hoe die laaste twee jaar haar weer bewus gemaak het van hoe belangrik jou geliefdes is.
“Ek het weer geleer om liefde te wys en vir ons naastes te sê dat ons lief vir hulle is. Ons mis die spesiale tye wat ons saam gehad het, elke dag is moeilik, party dae is net moeiliker. Soms herinner ‘n reuk of iets wat gebeur jou weer aan jou verlies. Ek probeer dinge doen wat my ma gedoen het, soos in die tuin werk of in die kombuis werkskaf, as ek erg verlang.”
Die kinders het elkeen hulle eie manier om die verlies en verlange te hanteer. Terwyl Marthinus sy gevoelens op papier vaspen, vermy hy om daaroor te praat. Johan (13) vertel hy het briewe geskryf en Dederé (11) ry graag perd en luister musiek.
Hulle raad aan ander jongmense is om nie hulle gevoelens te ontken nie en net eg aan hulself te wees. “Weet waar jou krag vandaan kom, God is maak ons heel en sonder Hom is ons pad moeilik. Begin elke dag van voor af. Die lewe is ‘n keuse, kies om te lewe,” sê Drienie.
Marthinus voeg by dat ‘n mens nooit kan weet waardeur ander gaan nie, al is hulle in dieselfde situasie. “Wees net vriendelik, almal sukkel.”
Johan, wie ook ontvlugting in ‘n Rubik-kubus vind, sê dat jy met die hand wat vir jou uitgedeel is moet werk.
Marthinus se gedig aan sy groot ouers:
Clueless without you
I sit here
With all your books in front of me
Not knowing what to read, say or what to listen to
Is this really what life has come to
Is this what living feels like without you
My heart does ache for you
But as you requested
Ill try be happy without you
My mind still dwells and my heart does ache
I don’t know how to be happy without you
I don’t know If I can, or that I still want to
I didn’t have the choice but,
I respect that you had to go
Your happiness requested your presence.
You had a wonderful time on earth
And life on earth for me,
Still has to go on.
I will never be the same
Happiness without you just seems to not exist
The time we had together
Cannot be described
I just hope that you’re enjoying it wherever you might be now.




