Local NewsNews

Operasie wag op jong seun na familiehond hom byt

[Grafiese foto] Die seun is na die voorval na 'n privaat hospitaal gehaas.

POLOKWANE – Die familie het die gemeenskap bedank wat spoedig geld ingesamel het vir Heighann du Toit om in ‘n privaat hospitaal behandel te word. Lees meer: Jong Heighann geopereer na hond hom byt


27 Desember 19:47

POLOKWANE –  Heighann du Toit (5) se gesin versoek dringend finansiële bydrae nadat hy Maandagmiddag in Mediclinic Limpopo opgeneem is na ‘n hond hom vroeër in die gesig gebyt het.

Die voorval het by sy grootouers, Hennie en Delene du Toit se huis in Polokwane plaasgevind.

Hennie vertel dat die niggies en nefies en die hond, wat Cooper heet, saamgespeel het toe die tweejarige gemengderashond vir Heighann in die gesig byt.

“Alhoewel dit my hond is, het ons hom spesiaal vir Heighann aangeskaf as maat. Hulle het altyd saamgespeel. Heighann se ouers was nie by tydens die voorval nie, maar my ander twee seuns was wel daar om toesig te hou. Voor ons egter kon keer het Cooper vir Heighann gebyt.”

Heighann se pa, Hennie du Toit, verduidelik waarom Heighann nie na die Pietersburg Provinsiale Hospitaal geneem is nie: “Ons is bewus daarvan dat hy plastiese sjirigie gaan benodig en dit is waarom ons hom eerder na die privaat hospitaal geneem het. Ek en sy ma, Leigh Ann wil net die beste vir hom hê.”

Volgens Hennie is Heighann vol energie en gereed om ontslaan te word. Hy moet egter ongeveer drie dae in die hospitaal deurbring en daar gaan aan sy gesig geopereer moet word.

Mediclinic Limpopo se algemene bestuurder, MC Botha, het bevestig dat Heighann opgeneem is.

Skenkers kan geld in Mediclinic se rekening inbetaal.

Botha vra wel dat die rekeningnommer nie op sosiale media versprei word nie.

Die familie behoort nie aan ‘n mediese fonds nie en vra die gemeenskap vir finansiële hulp. Heighann se ma, Leigh Ann Venter kan by 061 512 2020 bereik word vir meer inligting in hierdie verband.

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group or Telegram channel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button