Local NewsNews

Vryburgers voed bejaardes met heerlike Tamaaibraai

Reeds vroeg Saterdagoggend het die inwoners van Ons Tuiste Ouetehuis met die geur van potjiekos wakker geword.

POLOKWANE – Die Vryburgers is ‘n liefdadigheidsorganisasie wat deur middel van fondsinsamelingsprojekte geld bymekaar maak vir behoeftige bejaardes en kinders is in die plaaslike gemeenskap. Saterdag was dit uiteindelik tyd om aan die jaarlikse Tamaaibraai deel te neem en om vir die Ons Tuiste inwoners middagete te maak.

“Die doel van die Tamaaibraai is om te kyk vir hoeveel mense ons op een slag kan kosmaak. Ons gee vandag vir 80 mense kos,” vertel Dawid van der Walt en Riaan Erasmus.

Die manne het ‘n heerlike skaap- en wildspotjie gemaak waaraan die bejaardes kon smul.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button