KidsLocal NewsNewsParenting News

Plaaslike kenner gesels oor pleegsorg, ouerskapstyle

Dr. Johannalie Knoetze, 'n spelterapeut en ouerleidingspesialis, het vir ouers raad gegee oor ouerskapstyle.

POLOKWANE – Pleegsorg kan vele uitdagings vir beide die kinders en die ouers inhou.

Kinders wat in pleegsorg beland kom dikwels uit huise waar hulle verwaarloos of aangerand is.

Serving Kids Through Community is ‘n netwerk waar ouers met aanneem- en pleegkinders mekaar kan ondersteun en vir raad kan vra.

Die stigters van die netwerk, Michelle en Albert van der Westhuizen, het ‘n inligtingsaand op 23 Junie gehou waar Dr. Johannalie Knoetze, ‘n spelterapeut en ouerleidingspesialis, vir ouers raad gegee het oor ouerskapstyle.

“Dit is belangrik om te weet wat jou ouerskapstyl is, en dié verander ook na gelang van die situasie. Die drie belangrikste behoeftes van kinders is basiese behoeftes, emosionele balans, en koestering en liefde.”

Sy sê ouerskapstyle is ‘n standaardstrategie wat geïdentifiseer is om ‘n mens min of meer te kan lei volgens die verskeie maniere waarop ouers kan optree.

“Baie ouers spandeer kwantiteit tyd met hulle kinders, maar nie kwaliteit tyd nie. Dit kan ons regstel deur die ouerskapstyl te identifiseer. Jy as ouer wil gesonde groei en ontwikkeling ondersteun.

“Ons wil kinders help om goeie en gesonde sosiale vaardighede te hê. Verder moet ons konstruktiewe dissipline toepas. Dit is ‘n waardevolle deel van ouerskap, maar dissipline kan soveel afbreek as wat dit opbou.”

Ouerskapstyle beïnvloed ‘n kind se selfbeeld, hulle skool en sportprestasies, en selfs watter vriende hulle kies. Die vier ouerskapstyle is die outoritêre of dissiplinêre styl, toegeeflike of toestemmende styl, gesaghebbende styl en onbetrokke styl.

“Outoritêre ouers handhaaf streng en rigiede reëls. Daar is min aanmoediging vir hulle kind om selfstandig op te tree en lewer onsekere kinders op.”

Johannalie sê jong ouers het dikwels ‘n toegeeflike ouerskapstyl en laat die kinders al die besluite en keuses maak. Hierdie kinders het te veel vryheid dit het sekere gevolge.

“Die onbetrokke ouer is emosioneel afsydig. Hulle vra nie veel vrae nie en moedig ook nie hulle kinders aan nie. Hulle help ook nie hulle kind om oplossing vir probleme te vind nie.”

Sy verduidelik die gesaghebbende ouer het ‘n warm en nabye verhouding met haar kind; hulle is sensitief vir die kind se behoeftes en is groeigeoriënteerd.

“Jou ouerskapstyl moet ouerskap vir jou lekker maak. Ouers moet onthou hulle is ook net mense en mag ook foute maak.”

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button