Local NewsSchools

Met lente blom dié klomp se stemme ook

Ouers en ondersteuners was laas week op die punte van hulle stoele in PHS se skoolsaal gehou met vermaaklike opvoerings en heerlike saamsing en -lag.

POLOKWANE – Hoërskool Pietersburg se jaarlikse Lenteliedjie-kompetisie het verlede week in die skoolsaal plaasgevind.

Die kompetisie word gewoonlik onder die Storieboom gehou, maar moes hierdie jaar na die saal skuif as gevolg van die reën.

Sien ook al die foto’s hier: FOTO’S: PHS se Lenteliedjie weer ‘n sukses

Lenteliedjie is ‘n kompetisie tussen die leerders in gr. 8-11.

Elke graad moet ten minste vier liedjies kies in Afrikaans, Engels, ‘n keurspel opvoer en enige ander liedjie van hulle keuse.

Daar word elke jaar ‘n voorgeskrewe liedjie of kunstenaar gekies.

Vanjaar was Ed Sheeran die voorgeskrewe kunstenaar.

Liedjies soos After Glow, Tides, Perfect en Shape of You het deur die saal geklink.

Die leerders het gesorg vir vermaak deur die uitbeelding van liedjies soos Ploeg jy en Circle of Life.

Na ‘n rukkie se kopkrap kon die beoordelaars met sekerheid aankondig dié jaar se wenners is die gr. 11’s.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button