PLS praat ‘n tweede plek by Radikale Redenaars los
Laerskool Pietersburg se leerders neem nie net deel aan redenaars vir die pryse en uitstappies nie, maar ook om hulle selfvertroue op te bou.
POLOKWANE – Pietersburg Laerskool se gr. 5-redenaarsspan het op 22 Oktober aan die nasionale finaal van die Radikale Redenaars in Boksburg deelgeneem.
Dié kompetisie bestaan sedert 2007 en die visie is om vir die leerders die kans te gee om voor mense op te tree.
Die beoordelaars dra positief by tot elke leerder se sprekerspersoonlikhede en lewer opbouende kritiek.
Redenaars help ook met die leerders se selfvertroue.
Beoordelaars word elke Januarie opgelei om te verseker dat die beoordeling konsekwent en op standaard is.
Daar is 11 afdelings waaraan leerders kan deelneem.
Radikale Redenaars is nie net redeneer nie, maar ook lees.
Tydens die eerste uitdunrondtes ontvang leerders ‘n sertifikaat van deelname met die uitslae op.
Saam met dit kry hulle ‘n repliekvorm waarop motiverings en opbouende kritiek aangeteken word.
Met die nasionale finaal word sprekers gepenaliseer op die tyd wat na afsnytyd gebruik word.
Daar word drie punte afgetrek vir die eerste minuut oor die tyd en daarna een punt vir elke minuut.
Sou die toespraak te kort wees, verloor die spreker drie punte.
PLS se span stap met ‘n trotse tweede plek weg en Evelitt Bartlett (gr. 3) het individueel deelgeneem en vierde geëindig.




