Tuks swemmers meet kragte, ryg medaljes in
Nege swemklubs het onlangs teen mekaar te staan gekom en die swemmers van die Tuks swemklub in Mokopane het talle medaljes huis toe gebring.
MOKOPANE – Tuks Mokopane swemklub se swemmers het verlede Saterdag in Tzaneen teen agt ander swemklubs kragte gemeet.
Goeie tye is opgestel en hande vol medaljes is ingeryg.
Carmi Schoeman het in die meisies o/14-afdeling deelgeneem en weggestap met vyf eerste plekke in die 200m wisselslag, die 50m vryslag, die 50m vlinderslag, die 100m rugslag en in die 400m wisselslagaflos.
Die volgende swemmers het in die meisies o/10-afdeling deelgeneem: Kinique de Agrella spog met drie eerste plekke in die 200m wisselslag, die 100m vryslag, en die 50m rugslag.
Sy swem ook twee tweede plekke los in die 50m vryslag en die 50m borsslag.
Avah Smit behaal ‘n derde plek in die 100m rugslag en ‘n vierde plek in die 100m borsslag.
Sy neem ook deel in die 200m wisselslag, die 50m rugslag en die 50m borsslag.
Mamosa Ramokgopa het aan die 50m vryslag, 50m vlinderslag, 50m en 100m rugslag, asook in die 50m borsslag deelgeneem.
Lenice Langa swem in die 50m en 100m vryslag, 50m en 100m borsslag, en in die 50m rugslag.
Die seuns o/10-afdeling het baie goed gevaar.
Shaun Teich het sy hart uitgeswem en vier eerste plekke behaal in die 200m wisselslag, die 200m rugslag, 50m en 200m borsslag.
Hy swem ook ‘n tweede plek los in die 50m vryslag.
Evan Potgieter behaal ‘n tweede plek in die 200m wisselslag en twee derde plekke in die 50m en 100m borsslag, in die 50m en 100m vryslag het hy ‘n vyfde plek behaal.
Luan Venter het tweede plekke los geswem in die 50m vlinderslag en die 50m borsslag.
Hy behaal ‘n derde plek in die 200m rugslag.
Hy het in die 200m wisselslag en in die 100m vryslag ook deelgeneem.
Malan Coetzee spog met ‘n tweede plek in die 100m rugslag, en ‘n derde plek in die 200m wisselslag, hy neem ook deel in die 50m vlinderslag, die 100m vryslag en die 50m borsslag.
Wouter Venter het baie goed gevaar en twee vierde plekke los geswem in die 100m en 200m borsslag, hy het in die 50m vlinderslag, die 100m vryslag en in die 50m borsslag deelgeneem.
Ranti Ramokgopa behaal ‘n derde plek in die 50m rugslag, en ‘n vierde plek in die 200m wisselslag, hy het baie goed gevaar in die 50m en 100m borsslag, asook die 100m vryslag.
Aldo Vorster het aan die 50m vryslag, die 50m vlinderslag, die 50m rugslag en die 50m borsslag deelgeneem.
Dries Roodt het aan die 50m vryslag, die 50m rugslag en die 50m borsslag deelgeneem en goed gevaar.
Die swemmers en hulle ouers en afrigter Awie Hatting bedank vir hulle ondersteuning en tyd.
Die volgende kompetisie is die Nyl Myl wat Saterdag 26 November plaasvind by die Nylrivier, die klublede nooi almal uit om saam met hulle te kom swem en die dag te kom geniet.




