PLS-gimnaste beïndruk by nasionale kampioenskappe
Vier gimnaste van Pietersburg Laerskool het onlangs aan die Suid-Afrikaanse Nasionale Gimnastiekkampioenskappe deelgeneem en goed presteer.
POLOKWANE – Pietersburg Laerskool spog met vier gimnaste wat goed gevaar het tydens die Suid-Afrikaanse Nasionale Gimnastiekkampioenskappe wat in Oktober in Pretoria aangebied het.
Henré Ras, Abraham en Lukas Davel het aan die artistiese been deelgeneem terwyl Adenei Ras op die trampoline gewys het waartoe sy in staat is.
Mat artistiese gimnastiek voer die gimnas verskillende aksies op apparate uit.
Henré en Adenei het goue medaljes ontvang.
Adenei het ‘n silwer medalje verwerf en die Davel-boeties het silwer medaljes ingepalm.
“Dit is vir my die lekkerste om deel te neem aan die kompetisies en ek vind niks moeilik nie. Volgende jaar sal ek graag die beste in my ouderdomsgroep in Suid-Afrika wil wees. Om dit reg te kry gaan ek hard moet werk,” sê Henré.
Volgens Lukas is daar drie baie belangrike dinge wat hulle moet onthou.
“Punt jou tone, moenie jou bene buig nie en bult jou spiere,” sê hy.
Vir Adenei is daar net twee moeilike bewegings naamlik om perfek op haar rug en maag te land.




