Local NewsSchools
Piet Hugo bêre boeke, vier fees vir hul 90ste bestaansjaar
Laerskool Piet Hugo het besluit om 'n dag vol pret en plesier te hou net voordat eksamens afskop om hulle verjaarsdag te vier.
POLOKWANE – Vanjaar vier Laerskool Piet Hugo hulle 90ste bestaansjaar en as deel van die pret kon die leerders Vrydag hulle boeke bêre en aan verskeie aktiwiteite deelneem.
Dit het ingesluit tafeltennis, ringgooi, tombola, piñata, raai-die-lekkers en hoepelgooi.
Daar was ook ‘n spookhuis, ‘n Pool Noodle-geveg, waterbalonne, ‘n springkasteel, verfbalteikenskiet, gesigverf en haarsproei.
Om die dag te onthou kon die leerders ‘n foto laat neem wat vir hulle uitgedruk sal word.
Die juniors het ook ‘n inkleurkompetisie gehad.
Met die dag vol pret moet die leerders nou al hulle aandag op die eksamen rig.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



