Local News

Bande brand om die ovaalbaan vir ‘n laaste keer die jaar

Inwoners en ondersteuners het na die Bosveldwedrenklub gestroom om die laaste wedren van die jaar te aanskou en die samesyn te geniet.

MOKOPANE – Die enjins het omtrent gebrul verlede Saterdag op die ovaalbaan by die Bosveldwedrenklub buite Mokopane.

Dit was die laaste geleentheid vir die renjaers gewees om hulle spogmotors vir oulaas reg te kry en hulle vernuf op die baan te wys vir die jaar.

Die toeskouers het op aandag gesit en toegekyk hoe die renjaers teen mekaar meeding om die baan, terwyl die braaivleisvure hoog gebrand het.

Die klub bedank al die borge wat die jaar ‘n bydrae gemaak het, asook die getroue ondersteuners wat met elke wedren die renjaers kom ondersteun het.

Die volgende wedren vind in Februarie 2023 plaas en die klublede van Bosveldwedrenklub sien uit om al die wedrenklubs en toeskouers weer te ontvang.

 

Uitslae:

Legends:

1. WB van Niekerk

2. Rian van Niekerk

3. Edwin van Niekerk

Stockrods:

1. Adriaan Jordaan

2. MJ Bekker

3. Schalk Smith jnr

Adriaan Jordaan is die wenner in die Stockrods klas, MJ Bekker stap weg met die tweede plek en Schalk Smith jnr met die derde plek.

Ninjas groep 1:

1. Clifford Pietersen

2. Nethan Rademeyer

3. Christopher Gouws

Ninjas groep 2:

1. Elandri Gouws

2. Christiaan Gouws

Hotrods NHT:

1. WB van Niekerk

2. WF Weideman

3. Pieter Pieterse

In die Hotrod NHT afdeling stap WB van Niekerk weg met die eerste plek, WF Weideman met die tweede plek en Pieter Pieterse met die derde plek.

Tintop:

1. Wian Jordaan

2. Kallie Potgieter

3. Adriaan Jordaan

Die wenners in die Tintop klas is Wian Jordaan in die eerste plek, Kallie Potgieter in die tweede plek en Adriaan Jordaan in die derde plek.

1660:

1. James Gunningham

2. Schalk Smith Snr

3. Martin Meijer

2.1 liter:

1. Christo Gouws

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button