Local News

Osies hang hulle klok van hoop in Polokwane se TLC-saal

As deel van Oosskool se welsynswerkkompetisie het 'n groep leerders saamgespan om 'n klok vir die Tough Living with Cancer saal kry.

POLOKWANE – Een van die items op Tough Living with Cancer (TLC)-saal by die Pietersburg Provinsiale Hospitaal se behoeftelys was ‘n klok.

Dié moet deur die pasiënte wat hulle chemoterapie-behandeling voltooi het, gelui word op die dag wat hulle huis toe gaan.

Tydens die onlangse Mnr. en Mej. Oosskool het drie van die deelnemers onthul hulle het dié klok vir die saal gekoop.

Suehandri Smit, Schalk Eager en Leané Briers was finaliste in die welsynswerkkompetisie en hulle liefdadigheidsprojek was die TLC-saal.

Na die vier maande wat hulle die saal gereeld besoek het, saam met die pasiënte gespeel en aktiwiteite gedoen het, het hulle besluit om die droom van ‘n klok ‘n werklikheid te maak.

Die klok, wat geborg is, word die Oosskool-klok van hoop genoem.

Die gr. 4-groep asook Werner Botha van ENB het gehelp om hierdie droom te bewaarheid.

Mnr. en Mej. Oosskool is ‘n jaarlikse instelling waar gr. 7-leerders die geleentheid kry om by welsynsinstansies betrokke te raak.

Hierdie geleentheid skep die platform vir die finaliste om hulle diensbaarheid in die gemeenskap te implementeer.

Die drie leerders is baie dankbaar vir die borgskap.

Die klok is opgehang en met trots en opgewondenheid wag almal wat betrokke is vir die eerste kinderhand om die klok te lui.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button