Local NewsSchools
Swemmers klief deur die water by Limpopo Swemkampioenskappe
Plaaslike swemmers het in Tzaneen bymekaargekom om mekaar die stryd aan te sê en om te wys tot wat hulle alles in staat is.
LIMPOPO – Die Limpopo Swemkampioenskappe is van 2-4 Desember in Tzaneen gehou en plaaslike swemmers van Action Aquatics Swemklub het deelgeneem en goeie punte behaal.
Juan Randall deel sy tweede plek met Mighael Alberts van die Limpopo Tuks Swimming Club en Ruan Potgieter behaal ‘n negende plek algeheel.
Ditebogo Pheea word aangewys as die Starfish Victrix Ludorum.
Luhan Olivier word aangewys as die beste junior seun in die Hy-Tek ouderdomsgroep puntestelsel.
Die Action Aquatics se meisiespan het algeheel derde geëindig met 2 470,5 punte terwyl die seunspan ook algeheel derde geëindig het met 1 869 punte.
Action Aquatics het algeheel derde geëindig met ‘n gekombineerde punt van 4 339,50.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.