Local News

Kersvader lewer persoonlik geskenke af by Growth LSEN

Die skool vir Downsindroom leerders lê die Kameeldoring Tafelronde '92 na aan die hart en is jaarliks deel van hulle Kersboomprojek.

MOKOPANE – Met Kersfees om die draai het die leerders van Growth LSEN (Learners with Special Educational Needs) eers verstom toegekyk toe Kersvader sy verskyning maak voordat hulle hom histeries by die hek gaan haal het.

Growth LSEN is ‘n skool vir Downsindroom leerders op die perseel van Hoërskool Piet Potgieter.

Dié besoek was deel van die Kameeldoring Tafelronde ’92 se jaarlikse Kersboomprojek.

Die projek word die afgelope vier jaar bedryf waar die tafelaars geskenke aan behoeftiges uitdeel.

Die tafelaars is bekend daarvoor dat hulle teruggee aan die gemeenskap, en dis juis die rede agter dié projek.

Tafelronde voorsitter Phil Herselman verduidelik dat die leerders van Growth LSEN hulle baie na aan die hart lê en elkeen van hulle moes spesiaal bederf word.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button