Local News

Verandering is so goed soos vakansie – veral tydens die feestyd

Plaaslike sielkundige Zelda Buitendag gee 'n paar wenke om tuisbly die ideale wegbreek dié feesseisoen te maak.

POLOKWANE – Meeste mense voel hierdie tyd van die jaar moeg en uitgeput, gereed vir ‘n wegbreek en tyd om te ontspan.

Ongelukkig is dit nie vir almal beskore nie en moet baie van ons tevrede wees om met Jan Tuisbly se karretjie te ry.

Kenners is dit eens dat enige verandering goed is vir ‘n mens en vir jou ‘n nuwe huppel in jou stap sal gee.

Verandering beteken nie noodwendig om vir ‘n week langs die see te lê, in die bos te spandeer of waarokal jou droomvakansie is te wees nie.

Review het met sielkundige Zelda Buitendag gesels om perspektief oor dié onderwerp te kry.

“Om roetine te hê is goed en dit bied sekuriteit, maar verandering kan die katalisator wees om die lewe met nuwe oë te aanskou. Veral as mens depressief voel, kan dit nogal ‘n dryfveer wees vir nodige energie, wat dikwels nodig is tydens depressie.”

Sy sê verandering kan baie opwinding verskaf, vooruitsigte bring en die lewe interessant maak.

“Wanneer ‘n mens nie met vakansie kan gaan gedurende die feestyd nie, kan klein veranderinge in mens se daaglikse bestaan ‘n verskil maak om die lewe interessant te maak en opwinding mee te bring.”

 

Voorstelle wat moontlik kan help:

• Probeer iets nuut, soos om ‘n nuwe haarstyl te kry, of toets ‘n resep uit en dek die tafel buite in plaas van binne. Beproef ‘n kunsvorm of leer meer oor ‘n nuwe kultuur of taal.

• Bederf jouself deur te gaan vir ‘n pedikuur, manikuur of massering.

• Verander jou omgewing. Ruil die gordyne, skuif die meubels of verf ‘n muur.

• Spring in jou tuin en plante blomme en ander plante.

• Maak seker daar is vrolikheid en vreugde in jou lewe. Dit kan jy doen deur na ‘n komedie te kyk, te dans en sing, of na musiek te luister. Kyk n komedie, dans, sing, musiek.

• Pak reg, sorteer uit en gooi weg. Kaste en laaie kort baie keer aandag, veral na ‘n jaar wat verby is en daar nie tyd was om dit te doen nie. Gebruik nou die tyd om dit te doen.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button