Local News

Rekordhouers 31 jaar na mekaar

Katrien Visser het die o/7 meisies 80m rekord verbeter, wat deur Maguerite Leibrandt in 1992 opgestel is in 'n tyd van 13.54sek.

MOKOPANE – Nie eers ‘n vliegtuigongeluk kan Katrien Visser stuit nie. Op 26 Junie 2022 was Katrien saam met haar pa Pierre Visser in ‘n ernstige vliegtuigongeluk.

Sy het twee frakture aan haar regterarm opgedoen en ‘n beentjie in haar hand gebreek. Sy het twee operasies ondergaan.

Katrien is vanjaar in gr. 1 by Laerskool Krugerpark en tydens die skool se Bokkesport was sy een van die atlete wat gesorg het dat haar naam in die rekordboeke geskryf word.

Sy het die o/7 meisies 80m rekord verbeter, wat deur Maguerite Leibrandt in 1992 opgestel is in ‘n tyd van 13.54sek. Die nuwe rekord is 13.33sek.

Katrien Visser met haar medaljes tydens die Bokkesport.

Dit was vir Katrien ‘n groot voorreg om vir Maguerite te ontmoet verlede Saterdag by ‘n vriendskaplike atletiekbyeenkoms by Laerskool Julian Muller in Groblersdal.

“Ek was baie opgewonde om vir Maguerite te ontmoet. Sy het my aangemoedig om altyd my beste te gee in alles wat ek doen,” vertel Katrien.

In Katrien se geval val die appel nie ver van die boom af nie, haar ma Magdaleen vertel dat Katrien se ouma, Ansie Visser ook ‘n kranige atleet was. Ouma Ansie het ‘n rekord in die o/12 meisies 100m opgestel en die rekord staan vandag nog by Laerskool Villiers.

Katrien se familie is geseën met dié talent, haar tannie was op skool ook ‘n uitstaanatleet en het gereeld die Victrix Ludorum-trofee ingepalm.

Haar pa was baie goed in landloop op laerskool en het in hoërskool aan liggaamsboukompetisies begin deelneem.

Haar ma was ‘n top spiesgooiatleet, sy het ook op skool tennis gespeel asook netbal, en na skool vir baie jare blitskrieket en gholf.

Haar een oupa was ‘n goeie krieketspeler in sy jonger dae, die ander oupa was weer ‘n goeie rugbyspeler.

“Ons is almal baie lief vir sport. Katrien se sussie, Danièlle het Limpopo hokkieproewe vir o/11 in Desember gespeel. Katrien het vreeslik baie uithouvermoë, sy het op die gymnasiumvloere grootgeword. Sy is baie lief daarvoor om te dans en te oefen. Sy doen ballet en het haar Royal Academy of Dance “pre-primary in dance” eksamen verlede jaar afgelê, by Nadene van Niekerk balletskool met haar beseerde arm. Katrien begin nou met swem en gimnastiek ook,” vertel Magdaleen.

Haar ouers sien baie uit daarna om te sien wat Katrien se laerskoolloopbaan alles inhou.

“Sy is my grootste inspirasie want sy gee nooit op nie. “Ek leer so baie by haar. Ons druk glad nie ons kinders nie en sal hulle ook nie dwing om aan enige iets deel te neem waarvan hulle nie hou nie. Al die aktiwitiete of sport wat hulle aan deelneem, het hulle self kies om te doen. As ouers ondersteun ons hulle teen volle,” voeg Magdaleen by.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Raeesa Sempe

Raeesa Sempe is a Caxton Award-winning Digital Editor with nine years’ experience in the industry. She holds a Bachelor’s Degree in Media Studies from the University of the Witwatersrand and started her journey as a community journalist for the Polokwane Review in 2015. She then became the online journalist for the Review in 2016 where she excelled in solidifying the Review’s digital footprint through Facebook lives, content creation and marketing campaigns. Raeesa then moved on to become the News Editor of the Bonus Review in 2019 and scooped up the Editorial Employee of the Year award in the same year. She is the current Digital Editor of the Polokwane Review-Observer, a position she takes pride in. Raeesa is married with one child and enjoys spending time with friends, listening to music and baking – when she has the time. “I still believe that if your aim is to change the world, journalism is a more immediate short-term weapon." – Tom Stoppard

Related Articles

Back to top button