Justin staan sy plek in die son vol as kelner
Justin van Tonder is op drie jarige ouderdom gediagnoseer met outisme en daarna het sy familie ingespring en hom die nodige stimulasie gebied.
POLOKWANE –Ā Justin van Tonder groet my vriendelik toe ek by die Koffieboom se hek instap.
Hy neem my na ‘n tafel, gee die spyskaart aan en vra of ek al iets wil drink. Na ons gesprek verdwyn hy, soos enige ander kelner, kombuis toe om koffie te gaan maak. Op die spyskaart is ‘n logo wat lees ‘We support adults with autism’.
Intussen kom sy tannie, Natalie Loots by my sit en ek vra haar oor die logo. āJustin is outisties en ons wil help om ander mense wat outisties is, ‘n kans in die werksomgewing te gee.ā
Met hierdie woorde gaan daar liggies aan en ek onthou ek het Justin en sy ouma, Cathy Loots, in 2015 besoek vir ‘n storie.
Daardie tyd was Justin 11 jaar oud, en toe was die tekens van outisme nie baie sigbaar nie. Hy het my vriendelik gegroet en ‘n drukkie gegee, iets wat nie alle outistiese mense doen nie.
Justin is op drie jarige ouderdom gediagnoseer en daarna het sy familie ingespring en hom die nodige stimulasie gebied. Sy broer en suster hanteer hom asof hy nie outisme het nie.
Natalie sĆŖ hy was in Four Seasons in die skool nadat hulle gesukkel het om vir hom plek te kry. In 2021 het hy gr. 7 voltooi, maar met Covid-19 kon hy nie aangaan nie. Verlede jaar het hy tuisgebly waar hy heelwat aanlynkursusse voltooi het, met die hoop dat hy werk sal kry.
In Oktober het sy familie besluit om Die Koffieboom oop te maak en sedertdien werk Justin elke dag as kelner.
āOns wil hom ten volle oplei as barista en Ben Schempers van The Grind help ons baie. Ek sal graag vir Justin Kaap toe wil stuur sodat hy ‘n beter kwalifikasies kan kry. Hy en Ben is in die proses om die melkkuns te beoefen sodar hy ‘n sertifikaat kan kry. ā
Intussen bring Justin die bestelling en maak vriendelik oogkontak. Die koffie het hy self voorberei, soos hy as barista geleer is.
Behalwe om mense te bedien en tafels skoon te maak, sorg Justin ook dat die koffiemasjien skoon en die yskaste vol bly.
āOns wil graag aan ander jongmense met outisme die geleentheid bied om te werk en hulleself as baristas te bekwaam. Daar is baie mense in die stad wat kan werk, maar nie die nodige kommunikasievaardighede het nie. Ons het vir hulle plek by Die Koffieboom,ā sluit Natalie af.
Op pad uit groet Justin, en nooi my om weer daar te gaan kuier.