Local News

Wen met Ons Winkel

Die gelukkige wenner kan 'n R1 500 geskenkbewys van The Steakshop wen.

POLOKWANE – Lewensonkostes styg byna daagliks en almal voel dit aan hulle beursies. Vir party is die koop van nuwe klere ‘n luuksheid wat hulle net nie kan bekostig nie.

By Solidariteit Helpende Hand se Ons Winkel kan ‘n mens byna enige iets, in ‘n goeie toestand teen tweedehandse pryse aankoop.

Beandri Vosloo, eienaar van Ons Winkel Polokwane, is bewus van die nood in die gemeenskap en hoop om die gemeenskap meer betrokke te maak by die winkel en sommer ook bewusmaking te skep deur verskillende projekte te loots.

Die eerste projek is ‘n kompetisie met geskenkbewyse van R3 000 (R1 500 kliënt en R1 500 skenker) wat opgeraap kan word.

“Ek het The Steakshop genader waar die eienaars, Jacques en Amanda van Tonder, besluit het hulle wil graag deel wees van die projek. Hulle het, sonder om twee keer te dink, aan ons twee geskenkbewyse van R1 500 elk, geskenk. Ek het besluit om twee kompetisies te hou, een vir die skenkers en een vir die kliënte wat ons so getrou ondersteun.”

Amanda sê hulle help so af en toe waar hulle kan. “Dit is nie altyd moontlik nie, maar as ons kan help ons, want mense sukkel oral en almal kry swaar.”

Spandeer R200 of meer in Ons Winkel. Skryf jou naam en nommer agter op jou strokie en plaas dit in die boks. Die trekking vind plaas op 6 April.

Die tweede geskenkbewys is vir die skenkers. Sorteer jou huis uit en gee al die items wat jy nie meer gebruik nie vir Ons Winkel. J

ou naam en nommer sal ook in ‘n boks geplaas word waarna daar ook ‘n trekking sal wees.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button