Local News

Johan Marx is Curro Heuwelkruin se nuwe hoof

Johan sien uit na die uitdagings en vooruitsigte van die nuwe pos waarin hy hom gaan bevind, en beskou dit as 'n voorreg, het hy afgesluit.

POLOKWANE – Vanaf die derde kwartaal vanjaar spog Curro Heuwelkruin met ‘n ou gesig in ‘n nuwe pos.

Na sy aanvanklike onderwyserjare is Johan Marx onlangs bevorder tot kampushoof van die NVC-afdeling en gaan hy in die hoërskoolhoofstoel inskuif, vanwaar hy sy passie vir die onderwys verder gaan uitleef.

Hy het sy hoërskoolloopbaan aan Hoërskool Pietersburg voltooi en daarna by die Universiteit van Noordwes se Potchefstroomkampus aangesluit.

Marx is ‘n gewilde leerkrag wie se klasse as lig, maar doeltreffend beskryf word.

“Ek het aanvanklik ‘n pos by Laerskool Ivypark aanvaar en deeltyds studeer om my onderwysgraad te voltooi. Die Here het dit op my hart gesit dat ek die onderwys moet betree, en ek geniet steeds elke oomblik daarvan.”

Alhoewel hy oorspronklik wiskunde en wetenskap vir leerders in die intermediêre en senior fases wou aanbied, het hy later besef hy werklik gemakliker met senior leerders in die VOO-fase.

“Die eerste dag wat ek moes klasgee was nogal moeilik. Jy stap in die onbekende in en weet nie wat gaan vir wat nie. Dit is anders as jy jonk is en jou voete moet vind.”

Teen 2012 het Johan besluit om sy vlerke te sprei en aanvaar hy ‘n pos by Curro Heuwelkruin waar hy in 2013 begin skoolhou vir bykans 10 jaar, voordat die onlangse aanstelling vir hom realiseer.

“Skoolhou is vir my lekker, maar toe die geleentheid om hoof van die hoërskool te word oor my pad gekom het, het ek dit met albei hande aangegryp.”

Marx sê hy vind die interaksie met leerders en die diversiteit van verskillende mense stimulerend.

“Elke dag bied nuwe uitdagings. Dit is ook lekker om te sien hoe kinders en hulle belangstellings verander. Om klas te gee verander ook deurentyd. Die tegnieke wat jy moet gebruik om die leerders se aandag te hou verander. Tegnologie speel ‘n groot rol in vandag se manier van klas gee. Daar is ook meer om vir kinders te bied en ons probeer om die leerders te bemagtig.”

Hy sien uit na die uitdagings en vooruitsigte van die nuwe pos waarin hy hom gaan bevind, en beskou dit as ‘n voorreg, het hy afgesluit.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Raeesa Sempe

Raeesa Sempe is a Caxton Award-winning Digital Editor with nine years’ experience in the industry. She holds a Bachelor’s Degree in Media Studies from the University of the Witwatersrand and started her journey as a community journalist for the Polokwane Review in 2015. She then became the online journalist for the Review in 2016 where she excelled in solidifying the Review’s digital footprint through Facebook lives, content creation and marketing campaigns. Raeesa then moved on to become the News Editor of the Bonus Review in 2019 and scooped up the Editorial Employee of the Year award in the same year. She is the current Digital Editor of the Polokwane Review-Observer, a position she takes pride in. Raeesa is married with one child and enjoys spending time with friends, listening to music and baking – when she has the time. “I still believe that if your aim is to change the world, journalism is a more immediate short-term weapon." – Tom Stoppard

Related Articles

Back to top button