Local News

Kom deel plaaslik in ATKV se hekelmarathon

Sowat 18 vroue van Polokwane het reeds aangedui dat hulle ook gaan saamhekel, terwyl ‘n virtuele platform landwyd vir die geleentheid geskep gaan word.

POLOKWANE – Die ATKV se landswye Hekel 30-ure Safari vind op die laaste naweek van Mei plaas.

Die ATKV-tak Arendsnes in Roodepoort beplan ‘n 30-ure hekelmarathon. Lesers word genooi om saam te hekel.

Angelique Bekker, een van Polokwane se gereelde hekelaars, het van die projek op sosiale media gelees en besluit om deel te word. Sy het begin om vir ander van die Safari te vertel en tans is daar reeds 18 vroue wat gaan saam hekel.

Die doel van hierdie prettige projek is om die Maak-‘n-Verskil hekelgroep te help om komberse te maak wat uitgegee kan word.

Komberse gaan deur Maak ‘n Verskil reg oor die land versprei word.

Die pret begin om 12:00 op 26 Mei en duur tot 18:00 op 27 Mei. In Polokwane kan lesers by Aladdin’s Den Pre-School in Betzstraat bymekaarkom.

Daar sal ook ‘n regstreekse kanaal geskep word waar diegene wat nie by Aladdin’s Den kan uitkom nie, saam met die land kan hekel.

Skenkings van kontant, dubbeldraadwol en nommer vier hekelpenne is welkom en sou jy nie kan saam hekel nie, kan jy by die huis die blokkies van 20cmx20cm hekel en net aflewer. Die afleweringspunt is by Yarnaholix in Marshallstraat.

Die blokkies sal dan vasgewerk word aan mekaar en sodoende ‘n sekere grote kombers vorm, afhangende hoeveel blokkies gebruik word.

Vir meer inligting of om deel te wees van die pret, kontak vir Angelique Bekker by 07 76 879 3326.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Raeesa Sempe

Raeesa Sempe is a Caxton Award-winning Digital Editor with nine years’ experience in the industry. She holds a Bachelor’s Degree in Media Studies from the University of the Witwatersrand and started her journey as a community journalist for the Polokwane Review in 2015. She then became the online journalist for the Review in 2016 where she excelled in solidifying the Review’s digital footprint through Facebook lives, content creation and marketing campaigns. Raeesa then moved on to become the News Editor of the Bonus Review in 2019 and scooped up the Editorial Employee of the Year award in the same year. She is the current Digital Editor of the Polokwane Review-Observer, a position she takes pride in. Raeesa is married with one child and enjoys spending time with friends, listening to music and baking – when she has the time. “I still believe that if your aim is to change the world, journalism is a more immediate short-term weapon." – Tom Stoppard

Related Articles

Back to top button