Local News

Bendor pyp wat bars – stad sloer sê inwoners

Volgens munisipale raadslede Mariëtte Pretorius en Roedolf Lourens wat teenwoordig was, het die pype in The Crescentrylaan oor die afgelope twee weke op drie verskillende plekke binne 100m gebars en die omgewing vir ure sonder water gelaat.

POLOKWANE – ‘n Groep inwoners van Bendor het verlede Woensdag hul misnoeë oor Polokwane Munisipaliteit se versuim om daadwerklike stappe te neem om die probleem met die verouderde asbessementpype in dié woongebied wat aanhoudend bars, aan te spreek toe hulle die media in The Crescentrylaan te woord gestaan het.

Volgens munisipale raadslede Mariëtte Pretorius en Roedolf Lourens wat teenwoordig was, het die pype in The Crescentrylaan oor die afgelope twee weke op drie verskillende plekke binne 100m gebars en die omgewing vir ure sonder water gelaat.

“Ek het dit elke keer by die verantwoordelike amptenare aangemeld en op die WhatsAppgroep geplaas en die water het ure geloop voordat die stadsraad aandag gegee het met ‘n tydelike oplossing,” sê Pretorius.

Pype het ook verlede week in Van Waverenstraat en Guystraat gebars en dit blyk nou ‘n algemene probleem in dié deel van Bendor te wees.

Lourens, wat die wyksraadslid vir dié omgewing is, sê dat die vervanging van die pyplyne in Bendor met uPVC-pype, nie in die munisipaliteit se geïtegreerde ontwikkelingspaln (IDP) opgeneem is nie, ten spyte daarvan dat raadslede daarvoor gevra het. “Ons hoop nou dat die stadsraad geld van iewers sal vind om die probleem aan te spreek,” sê Lourens.

Pretorius het inwoners se ontevredenheid oor die owerheid se versuim om behoorlik toesig te hou oor die werk van kontrakteurs, beklemtoon en verduidelik dat sypaadjies en opritte nie opgeruim en herstel word nadat werk gedoen is nie.

“Die kontrakteurs kan nie wag om die terrein te verlaat en hul eise in te dien nie en dit blyk dat betalings gedoen word sonder om te verseker dat die werk behoorlik uitgevoer is. Inwoners doen hul bes om hul omgewing netjies en op ‘n hoë standaard te hou, maar gee moed op as hulle geen ondersteuning van die munisipaliteit kry nie,” sê sy.

Die munisipaliteit het teen druktyd nie gereageer op ‘n versoek om kommentaar te lewer nie.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button