Local News

‘n Mens het ander nodig: Erik Holm

Erik Holm, bekende Binnelanders-akteur en kwadrupleeg, vertel hoe sy pad van Trauma na Triomf geloop het.

POLOKWANE – Sonder ander mense is jy nie ‘n mens nie.

Só begin Erik Holm, bekende Binnelanders-akteur, sy motiveringspraatjie by die Wiele 500 damestee Saterdagoggend by die Noordgemeente van Omgee.

Holm, ‘n kwadrupleeg, vertel hoe sy pad van Trauma na Triomf geloop het.

“Die woord ‘trauma’ sê daar is ‘n probleem. Die effek van trauma is gevaarlik. As jy voel daar is ‘n rede vir die trauma of pyn, kan jy dit makliker hanteer. Ongelukkig kan mens nie altyd trauma sien nie.”

Om die ys te breek maak Holm ‘n grap en vertel hoe hy, 14 jaar gelede, uit ‘n veghelikopter op ‘n brandende weeshuis gespring het en al die kinders gered het voor die gebou op hom inmekaar gesak het, en dit is hoe hy ‘n kwadrupleeg geword het.

“Dit was nie naastenby so dramaties nie,” erken hy. Holm is verlam gelaat nadat hy agter ‘n bal aan in ‘n dam ingeduik het. Die oomblik toe ek die water tref, het ek geweet daar is fout. Die 90 sekondes onder water het soos ‘n ewigheid gevoel. Ek het besef ek moet iets doen, maar kon niks doen nie, al het ek hoe hard probeer. Hierna het paniek en angs my oorval. Ek het besef dit gaan nie oor hoe hard jy bid nie.”

Nadat sy vriende hom uit die water gehaal het, het hy skielik pyn begin ervaar. Hy het later in die hospitaal wakker geword en onthou net die ontsaglike pyn.

“Ek wou net doodgaan en het besluit om op te hou lewe. Wanneer ‘n mens seerkry, sny jy al jou lewenslyne, die mense wat jou liefhet, af. Ek wou niemand sien nie. Teen hierdie tyd het almal vir my vertel hoe sleg dit met my gaan. My negejarige niggie het drie maande na die ongeluk by my in die hospitaal kom kuier. Toe sy my sien, sien sy die rolstoel en haar eerste woorde was ‘Erik, jy is is so gelukkig jy het ‘n rolstoel’. Sy het my gehelp om my perspektief te verander. Ons het soms iemand nodig om dinge anders te sien wat vir jou ‘n ander perspektief kan gee.”

Na ses maande word hy huis toe gestuur waar hy weer moes deel word van die lewe. Hier het sy suster hom vir drie jaar, dag en nag versorg.

Na ‘n voorval een dag in n parkeerterrein, het hy besef hy het ander mense, vreemdelinge, nodig. “Ons is bereid om iemand te help, maar op ons manier. Daag net op, neem net deel.”

Holm onthou hoe sy ma hom op ‘n keer uit ‘n penarie gered het nadat hy by ‘n troue sy kateter moes leegmaak.

“Ek het ‘n meisie op my skoot gehad toe die besef kom dat die sakkie vol is. Na ‘n paar benoude oomblikke het my ma besef wat aangaan en die kateter kom leeg maak sonder dat die meisie ooit geweet het. Ek het gewag om skaam te voel, maar al waaraan ek kon dink, was hoe gelukkig ek is as gevolg van al die liefde van die mense om my.”

Volgens Holm is triomf nie ‘n eenmalige gebeurtenis nie. “Ek het altyd gedog triomf kom met ‘n trompetgeskal, maar elke oomblik nadat ek uit die water gered is, is triomf.”

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Raeesa Sempe

Raeesa Sempe is a Caxton Award-winning Digital Editor with nine years’ experience in the industry. She holds a Bachelor’s Degree in Media Studies from the University of the Witwatersrand and started her journey as a community journalist for the Polokwane Review in 2015. She then became the online journalist for the Review in 2016 where she excelled in solidifying the Review’s digital footprint through Facebook lives, content creation and marketing campaigns. Raeesa then moved on to become the News Editor of the Bonus Review in 2019 and scooped up the Editorial Employee of the Year award in the same year. She is the current Digital Editor of the Polokwane Review-Observer, a position she takes pride in. Raeesa is married with one child and enjoys spending time with friends, listening to music and baking – when she has the time. “I still believe that if your aim is to change the world, journalism is a more immediate short-term weapon." – Tom Stoppard

Related Articles

Back to top button