Local News

Natasha se kolwyntjies laat die mond water

Natasha Bothma sê koekbak het as 'n stokperdjie begin waar sy haarself kon uitleef deur kreatief te wees.

POLOKWANE – Daar is bykans nie ‘n geleentheid waar koek of kolwyntjies nie welkom is nie – of dit nou ‘n verjaardagpartytjie, ooievaarstee of sommer net ‘n bederfdag is, koek en kolwyntjies hoort op die spyskaart.

Alhoewel mense se smaak verskil is daar eenstemmigheid oor hoe die koek in jou mond moet smelt.

Natasha Bothma spesialiseer daarin om mense se kolwyntjiedrome waar te maak.

Sy is gebore en getoë in Polokwane, en het reeds 15 jaar gelede vir haar vriende en familie begin koekbak.

“Dit was vir my ‘n stokperdjie waarin ek myself kon uitleef en kreatief kon raak, iets wat nie altyd in jou alledaagse werk moontlik is nie.”

In 2019 begin Natasha ook vir ander mense as net familie en vriende bak. Deesdae is sy, wanneer sy nie in die kantoor is nie, druk besig in haar kombuis waar sy spesialiseer in temakolwyntjies en -koekies met koninklike versiersel. Geen bestelling is vir haar te groot nie, en sy werk sorgvuldig om elke item op die koek perfek te maak.

“Ek sal baie graag vir ‘n koffiewinkel op gereelde basis wil bak, maar droom daarvan, soos die meeste ander bakkers, om ‘n eie plekkie oop te maak,” sluit sy af.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button