Beloning vir haar vermiste Jonty
Marlize Bezuidenhout se hond, Jonty is reeds sedert 20 September soek.

POLOKWANE – Vir net meer as 50 dae staan Marlize Bezuidenhout met ‘n swaar hart op.
Dit is reeds meer as 50 dae en nagte wat sy haar beste vriend en vertroueling, Jonty, laas gesien het.
Jonty is ‘n mediumgrootte bruin hond wat sedert 20 September vanuit Pleinstraat vermis geraak het. Op 18 Oktober, bykans ‘n maand later, is hy in die Nirvana-omgewing gesien en op 1 November in Hospitaalstraat.

“Ons vermoed hy is in Penina Park by Waterland se omgewing, ‘n paar mense het hom, of altans ‘n bruin hond, daar gesien. Ons hoop nou dat dit hy is. Ons het gisteraand daar in die bosse gaan roep maar kon niks kry nie. Klink my hy kruip weg deur die dag en kom vroeg soggens uit,” sê Marlize.
Sy beskryf Jonty as ‘n skugter hond wat maklik sal weghardloop as vreemdes om benader. “Mense moet hom asseblief nie probeer vang nie, ek is bang hy sal voor die motors inhardloop. As iemand hom sien moet hulle my bel en hom in die oog hou tot ek daar kan uitkom.”
Daar is ‘n R3 000 beloning vir die persoon wat vir Jonty veilig in Marlize se arms kry. Kontak Marlize by 083 995 1065.
