VLU Finesse sluit jaar af met toekennings
Die VLU Finesse Aandtak se lede het met rooi en groen by die vergadering en prysuitdeling opgedaag om die jaar af te sluit.
POLOKWANE – By die VLU Finesse Aandtak word daar tydens die laaste maandelikse vergadering van die jaar pryse toegeken aan lede wat deur die jaar bygedra het tot die tak se sukses.
Met Kersfees in gedagte het die lede op 20 November in rooi en groen by die vergadering en prysuitdeling opgedaag. Elke lid moes ‘n geskenk saamneem wat nadat die vergadering afgehandel is, op ‘n unieke manier uitgedeel is. “Die eerste persoon neem ‘n pakkie en maak dit oop.

“Dan, wanneer dit ‘n volgende lid se beurt is, kan dié haar eie pakkie neem of die reeds oopgemaakte pakkie, waarna die persoon wie se pakkie geneem is, weer ‘n nuwe een kan kry,” verduidelik Magda de Nysschen, voorsitter van die tak.
Lede wat by elke vergadering was is Nirinda Page, Amanda du Plessis, Anel Matthysen en Magda de Nysschen.

Prysuitdeling:
Hoogste puntetotaal vir konferensie en kongres:
1. Charlotte Cloete met 722.
2. Magda de Nysschen met 396.
3. Amanda du Plessis met 384 punte.
Meeste konferensie en kongresartikels ingegee:
1. Charlotte Cloete met nege items.
2. Amanda du Plessis met vyf items.
3. Magda de Nysschen met vyf items.
Meeste konferensiepunte: Charlotte Cloete.
Hoogste kongrespunt: Charlotte Cloete.
Hoogste konferensiepunt: Charlotte Cloete.




