Local News

Schalk Pienaar-moordsaak: Borg nie toegestaan

Die staat meen dat Motsoane voortvlugtend is en met bewyse en getuies sou inmeng sou borg toegestaan word.

MOKOPANE – Tsholofelo Joseph Motsoane wat aangekla is vir die moord op die bekende prokureur van Mokopane, Schalk Pienaar, het vandag, 2 Februarie, vir die derde keer in die Mokopane Landdroshof verskyn vir borg aansoek.  Borg is nie toegestaan nie en die saak sal van 22-26 Julie in die Polokwane Hooggeregshof  voorkom.

Bosveld het voorheen berig dat Pienaar op 19 September 2022 in die oprit van sy huis koelbloedig doodgeskiet is.

Motsoane is ‘n maand later aangekeer, in hegtenis geneem en van moord, sameswering tot moord en ander vuurwapenverwante aanklagtes, aangekla. Volgens bronne het hy ook die ontsnappingsvoertuig bestuur.

Ontstellende besonderhede oor Motsoane se misdaadgeskiedenis is aan die hof voorgehou.

Die magistraat het egter aan Motsoane uiteengesit dat geen van sy redes om op borg vrygelaat te word geldig is nie. Motsoane se misdaadrekord strek terug tot 2003, toe hy skuldig bevind en vonnisse uitgedien het vir afsonderlike sake van poging tot moord, roof en diefstal. Hy sou later uit aanhouding ontsnap terwyl hy verhoorafwagtend was vir twee van dié sake, en is later ook hierop skuldig bevind.

Die staat meen dat Motsoane voortvlugtend is en met bewyse en getuies sou inmeng sou borg toegestaan word.

Die staat hou vol dat hulle in besit is van ‘n verklaring van ‘n getuie wat Motsoane met die beplanning van die moord verbind. Daar is ook ‘n ooggetuie wat Motsoane se motor op die toneel plaas.

Motsoane het die hof versoek om op borgtog vrygelaat te word weens sy swak gesondheid en gesê dat hy weens ‘n gebreekte been nie in staat is om sonder krukke te loop nie, hy het ook sere in sy gesig wat ‘spesiale’ room benodig.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button