Local News

Familie onthou André Visser (69)

Sy vrou van 42 jaar, Rita, vertel dat André ‘n rugoperasie ondergaan, en ‘n hartaanval gehad het en alle pogings om hom te red onsuksesvol was.

POLOKWANE – ‘n Geliefde inwoner van Polokwane, André Visser (69) is op 20 Maart oorlede.

Sy vrou van 42 jaar, Rita, vertel dat André ‘n rugoperasie ondergaan, en ‘n hartaanval gehad het en alle pogings om hom te red onsuksesvol was.

“André het vir 22 jaar in die stad gewoon nadat ons van Krugersdorp af hierheen getrek het. Hy is in Fochville gebore en het na skool sy loopbaan in die hondeafdeling van die polisie begin. Hy was ook ‘n aktiewe lid in Ventersdorp en Soweto se polisie.”

Na sy aankoms in Polokwane het hy by Urban Security begin werk as areabestuurder en na 19 jaar het hy daar afgetree.

Andre en sy klein seun Nielen by die see

“Ons het ‘n wonderlike huwelik gehad, ‘n voorbeeld van toewyding en liefde. André het altyd met trots verkondig dat ons nooit in ons huwelik gestry het nie.”

Hy was ‘n toegewyde pa vir sy vier kinders, Hein, Adele, Annelize en Vicky, en ‘n liefdevolle oupa vir sy vier kleinkinders. Hy was bekend vir sy groot hart, sagmoedige aard en die feit dat harde woorde nooit sy lippe verlaat het nie.

Hein woon in Engeland en Adele in Nieu Seeland. Annelize is aan die Oossrand en Vicky in Polokwane.

“Sy passie was om met modeltreine te speel en hy het ‘n groot rol in die versorging van Nielen, sy kleinkind gespeel. Ons het Nielen vier jaar gelede in ons sorg geneem. Sy nalatenskap van liefde, vriendelikheid en omgee vir ander sal vir ewig in die harte van diegene wat hom geken het, bly voortleef.”

André se afsterwe laat ‘n leemte in sy vriende en familie se lewens, maar sy nalatenskap sal altyd ‘n inspirasie wees vir almal wat hom geken het.

Hy word oorleef deur Rita, sy kinders, kleinkinders ander familie en vriende.

Sy gedenkdiens word op 6 April om 11:00 by die Afrikaanse Protestantse Kerk in Diemeerstraat gehou.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Raeesa Sempe

Raeesa Sempe is a Caxton Award-winning Digital Editor with nine years’ experience in the industry. She holds a Bachelor’s Degree in Media Studies from the University of the Witwatersrand and started her journey as a community journalist for the Polokwane Review in 2015. She then became the online journalist for the Review in 2016 where she excelled in solidifying the Review’s digital footprint through Facebook lives, content creation and marketing campaigns. Raeesa then moved on to become the News Editor of the Bonus Review in 2019 and scooped up the Editorial Employee of the Year award in the same year. She is the current Digital Editor of the Polokwane Review-Observer, a position she takes pride in. Raeesa is married with one child and enjoys spending time with friends, listening to music and baking – when she has the time. “I still believe that if your aim is to change the world, journalism is a more immediate short-term weapon." – Tom Stoppard

Related Articles

Back to top button